Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi’s se eerste minister gee All Blacks hoop

Die Nieu-Seelandse eerste minister, Jacinda Ardern, sê die regering doen alles moontlik om te verseker dat die All Blacks vanjaar nog toetse in Nieu-Seeland kan aanbied, maar erken dit is nie alleen die regering se besluit nie.

Daar heers nog onsekerheid oor waar en wanneer die All Blacks en die Wallabies se Bledisloebeker-toetse gaan plaasvind en of dit hoegenaamd beslis sal kan word weens die logistieke probleme wat die Covid-19-pandemie geskep het. Foto: Getty Images

’n All Black-groep is Maandag aangekondig in die hoop dat daar dalk wel toetse teen Australië en ’n span van die Suidsee-eilande gespeel kan word, asook dat die Rugbykampioenskapsreeks teen Suid-Afrika, die Wallabies en Argentinië in November en Desember sal voortgaan.

Daar is egter twyfel oor die Rugbykampioenskap weens die logistieke probleme om geskikte plekke vir die besoekende lande te kry om te oefen terwyl hulle vir twee weke in kwarantyn sal wees en streng beperkings weens die koronavirus-pandemie sal geld, berig die New Zealand Herald.

Daar was die afgelope naweek juis nuus dat ses spelers van Argentinië positief vir Covid-19 getoets is en dit veroorsaak opnuut twyfel of die toernooi kan voortgaan.

Nieu-Seeland is meer hoopvol oor ’n Bledisloe-bekerreeks teen die Wallabies.

Albei toetse in dié jaarlikse trans-Tasmaanse reeks sal straks in Nieu-Seeland moet plaasvind, want Reuters berig Rugby Australië (RA) het Maandag aangekondig dat vanjaar se kragmeting in Melbourne weens die pandemie tot 2022 geskuif is.

Die Docklands-stadion in Melbourne sou die eerste keer sedert 2010 gasheer gespeel het vir die All Blacks, met albei lande se mans- en vrouespanne wat op dieselfde dag kragte sou meet.

RA se tussentydse uitvoerende hoof, Rob Clarke, het in ’n verklaring gesê die besluit om die All Black-toets na 2022 te skuif, is sinvol en hy het die eerste minister, Daniel Andrews, en die regering van Victoria vir hul aanpasbaarheid en ondersteuning bedank.

Ardern het aan Newstalk ZB gesê hoewel toetse vir die All Blacks ’n sterk moontlikheid is, gaan dit nie net die regering se besluit wees nie.

“Daar is sekere dinge wat uitgestryk moet word voordat ons ’n toernooi kan aanbied,” sê sy.

“Dit is iets wat ons ondersoek en kan fasiliteer. Daar is wel streng reëlings op die landsgrense en die department van gesondheid sal tevrede moet wees met alles.

“Dit is nie net vir ons om te besluit nie. Ons doen alles om dit ’n moontlikheid te maak, en die deur oop te hou, maar daar gaan ander sake wees wat ook in oënskou geneem moet word,” sê sy.

Die All Blacks is sedert 2003 die houer van die Bledisloe-beker. – Reuters, nzherald.co.nz

Meer oor:  Toetsrugby  |  Kiwi's  |  Rugbykampioenskap  |  All Blacks  |  Bledisloebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.