Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi’s trap SA se vroue-sewesspan
Nadine Roos Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse vroue-sewesrugbyspan het Vrydag, op die eerste dag van die Kaapstad-sewestoernooi, ’n effense ontnugtering gekry toe Nieu-Seeland hom afgeransel het.

Die Kiwi’s, verlede seisoen se Wêreldreeks-kampioen, het met 40-0 gewen.

Maar haal gerus jou hoed af vir die Suid-Afrikaners, want hulle het hart teen ’n oormag gewys en ’n paar keer in die eerste helfte amper gaan druk. Boonop het iemand soos Nadine Roos gewys dat sy nie bang is nie, deur ’n paar keer die Kiwi’s se verdedigers die stryd aan te sê.

Ongelukkig is die Imbokodo se Sizo Solontsi vroeg in die wedstryd met ’n geelkaart afgestuur, nadat sy die bal afgeklap het.

In die tweede helfte het die Nieu-Seelanders egter gewys hoekom hulle die beste vroue-sewesspan in die wêreld is.

* Puntemakers: Nieu-Seeland 40 (21): Drieë: Alena Saili (2), Tyla Nathan-Wong, Gayle Broughton, Shiray Kaka.

Doelskoppe: Nathan-Wong (3), Risi Pouri-Lane (2)

Suid-Afrika 0.

Meer oor:  Kaapstad  |  Imbokodo  |  Sewesrugby  |  Kiwi's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.