Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kiwi’s verloor hul kundige breiers
Chris Boyd het Nieu-Seelandse rugby gewaarsku oor hul grootskaalse verlies aan intellektuele eiendom. Foto: Getty Images

Nieu-Seeland se rugbybase moet bekommerd wees oor die verlies aan intellektuele kapitaal met plaaslike rugbyafrigters wat koers kies na die buiteland oor gebrekkige geleenthede in hul tuisland.

Dis die waarskuwing van Chris Boyd, Hurricanes-hoofafrigter, aan Nieu-Seeland se rugbyringkoppe.

Boyd (59) is as die Direkteur van Rugby by die Engelse klub Northampton aangestel en neem die posisie aan die einde van die komende Superrugbyseisoen in.

Ondanks die feit dat Nieu-Seeland die spel oorheers, het hul slegs vyf voorslag professionele spanne, en volgens Boyd is dit ’n kwessie van eenvoudige wiskunde as jy eers op hierdie vlak afrig.

As jy eers ’n hoofafrigter by ’n Superrugbyspan in Nieu-Seeland geword het, is daar werklik nêrens om te gaan nie.
Chris Boyd

“As jy eers ’n hoofafrigter by ’n Superrugbyspan in Nieu-Seeland geword het, is daar werklik nêrens om te gaan nie,” het Boyd gesê.

“Ek dink dis potensieel ’n probleem vir Nieu-Seelandse rugby dat daar so baie mense met ervaring en intellektuele eiendom hul heil oorsee gaan soek.”

Daardie intellektuele kapitaal word dan dikwels teen die All Blacks gebruik.

Dit is die geval met Joe Schmidt, Kiwi-afrigter van Ierland, wat die Ierse span tot nommer drie in die wêreld gebrei het. Ierland het die All Blacks ook in 2016 geklop.

Die Nieu-Seelandse invloed in Ierland is so groot dat meeste van hul vier provinsiale spanne die afgelope dekade deur Nieu-Seelanders afgerig is.

Vern Cotter / Foto: Gallo Images

Vern Cotter, ’n voormalige hulpafrigter van die Crusaders, wat ook vir agt jaar die breier van Clermont Auvergne in Frankryk was, het ook die grondslag gelê vir die bloeitydperk wat die Skotse nasionale span beleef.

Wallis word deur nog ’n Nieu-Seelander, Warren Gatland, gebrei. Hy het was ook die hoofafrigter van die Britse en Ierse Leeus wat verlede jaar teen die All Blacks in ’n reeks van drie toetse gelykop gespeel het.

Jamie Joseph, die voormalige afrigter van die Highlanders, is Japan se afrigter en Milton Haig rig Georgië af.

Boyd het in 2015 by die Hurricanes oorgeneem en die span na twee Superrugby-eindstryde gelei. Die span het hul eerste titel in 2016 gewen en het in 2017 die halfeindstryd gehaal.

Daar is ook ’n rits Nieu-Seelanders wat hul tuiste in onlangse jare by provinsiale klubs in Europa gemaak het.

Dave Rennie wat van die Chiefs by Glasgow aangesluit het, getuig hiervan.

Ondanks sy Superrugby-sukses het hy gesê hy het geen onmiddellike planne ná Northampton nie.

Ek werk nie regtig met doelwitte nie. As jy besig is met ’n projek dan wil jy die beste doen wat jy kan.
Chris Boyd

“Ek werk nie regtig met doelwitte nie,” het Boyd, wat Tonga ook tydens 2011 se Wêreldbekertoernooi bygestaan het, gesê.

“As jy besig is met ’n projek dan wil jy die beste doen wat jy kan. As dit goed uitwerk dan sal ’n ander deur oopmaak. As dit nie doen nie dan sal daar deure toemaak.

“Ek het nie eintlik ’n doelwit om internasionale rugby af te rig nie. So ek het eintlik geen idee waar ek oor drie jaar sal wees nie.” – Reuters

Meer oor:  Vern Cotter  |  Dave Rennie  |  Chris Boyd  |  Nieu-Seeland  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.