Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Klein Jonker voer SA o.19’s aan

Chean Roux, afrigter van die Suid-Afrikaanse o.19-rugbyspan, het die snoeiskêr behoorlik ingelê vir sy span se laaste wedstryd van sy toer in Georgië – en ook ’n nuwe kaptein aangewys.

Rynhardt Jonker vroeër vanjaar in aksie vir die Haaie tydens die nasionale toernooi vir o.19-spanne. Foto: Gallo Images

Die besoekers, wat Georgië Maandag in die eerste wedstryd met 28-21 geklop het, kom Donderdag teen die tuisspan in Tbilisi te staan.

Slegs drie spelers, Werner Gouws (losvoorspeler), Stravino Jacobs (vleuel) en Muzi Manyike (heelagter), wat toe in die beginspan was, sal in die opdraf-vyftiental vir die laaste wedstryd wees.

Die senter Rynhardt Jonker, wat die Suid-Afrikaanse Skolespan tevore verteenwoordig het, word met die kapteinskap toevertrou. Hy is die seun van die TV-skeidsregter Marius Jonker.

Die haker JJ Kotze, wat op die plaasvervangersbank is, het die Suid-Afrikaners in hul eerste wedstryd aangevoer.

Maar Chean Roux, die span se afrigter, sê die skuiwe is om al die spelers in die groep genoegsame speelkans te gee.

“Vir sommige spelers sal dit die eerste keer wees wat hulle ’n wedstryd in die groen en goud begin, so dit gaan ’n groot geleentheid vir hulle wees.

“Ons het ook meer spelers op die plaasvervangersbank ingesluit, so almal sal ’n speelkans in die wedstryd kry,” sê Roux.

Die TV-skeidsregter Marius Jonker. Foto: Getty Images

Jacobs, ’n oud-leerling van Paarl Gimnasium, is een van drie spelers (saam met Dewald Donald en Jaden Hendrickse) wat hulself Maandag geelkaarte op die lyf geloop het.

Hoewel Roux weer ’n fisieke aanslag van Georgië verwag sou hy beslis ook in die Suid-Afrikaners se binnekamers ’n woordjie of twee met sy spelers oor dissipline gehad het.

“Hulle (Georgië) sal weer voorlangs met ’n fisieke aanslag kom en sterk wees in die lynstane en skrums.

“Wat ek van die span verwag is om meer aanvallende rugby te speel. Maar dit gesê het ons bitter min tyd gehad om voor te berei – so die spelers sal volgens die situasie op die veld moet speel.”

Die toer is se hoofdoel is om die breierskorps van die Junior Bokke, waarvan Roux ook die hoofafrigter is, te vergewis van die spelers wat Suid-Afrika in 2020 by die Wêreldtoernooi vir o.20-spanne kan verteenwoordig.

“Ons beplan om ná afloop van die toer met al die spelers te sit om hul sterk- en swakpunte te bespreek en ook die areas van hul spel waarin hulle in die afseisoen aan moet aandag gee, aangesien ons mekaar eers weer in Maart sal sien,” sê Roux.

Suid-Afrika o.19-span teen Georgië: Muzi Manyike, Keenan Twigg, Diego Appollis, Rynhardt Jonker (k), Stravino Jacobs, Ethan Wentzel, Thomas Bursey, Werner Gouws, Morné Brandon, Thabo Ndimande, Dylan de Leeuw, Werner Coetzee, Siphekahle Dube, Jason Alexander, Thabiso Mdletshe. PLAASVERVANGERS: JJ Kotze, Benele Mthenjane, Hanro Jacobs, Adrian Alberts, Jaden Hendrikse, Juan Mostert, Lunga Ncube, Lindo Ncusane, Dewald Donald, WJ Steenkamp, Dawid Kellerman, Zwelendaba Mnombo, Cohen Jasper, Bernard van der Linde.

* Die wedstryd begin om 09:00 (SA tyd) en kan gevolg word op die Facebookblaaie van: Rugby TV Georgia  of Georgian Rugby.

Meer oor:  Sa O.19-Rugbyspan  |  Junior Bokke  |  Georgië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.