Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Klein unies grom vir Saru oor geld

Die stryd tussen die sogenaamde klein unies en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) oor geld is steeds aan die borrel en regsaksie teen die beheerliggaam is nie uitgesluit nie.

Die klein unies het nou ’n ultimatum aan Saru gestel om binne die volgende tien dae met hulle te vergader. As Saru nie daaraan voldoen nie, is ’n hofsaak onafwendbaar.

Die vyf klein unies – Luiperds, Boland, Valke, Griffons en Grens – wil hof toe om Saru se 2018-begroting ongeldig te laat verklaar.

Volgens ’n woordvoerder van een van die klein unies het Saru onderneem om met hulle te praat om ’n oplossing vir die saak te probeer kry, maar dat hy ná maande nog nie aan sy voorneme voldoen het nie.

“Ons moes ’n vergadering in Mei gehad het, maar toe stel hulle dit met nog ’n maand uit. Nou is die ontmoeting weer afgestel. Dit het daartoe gelei dat ons hulle tien dae gegee het om met ons te vergader of ons gaan oor tot ons volgende stap,” het die afgevaardigde aan Rapport gesê.

“Saru moet nou binne tien dae ’n proses van mediasie begin. As hulle dit nie doen nie, sal ons oorgaan na arbitrasie.

“Dit is mos sinloos om dit die heeltyd uit te stel.”

Saru se grondwet vereis dat ’n dispuut eers in ’n mediasieproses bygelê moet word. As dit misluk, is arbitrasie die volgende stap voordat ’n grief na die hof verwys kan word.

Die vyf kleiner unies het vanjaar 52% minder – sowat R11 miljoen – as verlede jaar gekry. Saru het R10,14 miljoen aan die kleiner unies toegeken.

Griekwas en die Pumas het 44% minder as 2017 gekry, terwyl die ander ses franchises 10% minder van Saru se kant gekry het.

Die klein unies is veral omgekrap dat hulle moet pa staan vir die R148 miljoen wat die Cheetahs en Kings se deelname aan die Pro14-reeks gekos het.

Albei spanne se deelname het ’n groot gat in Saru se befondsingsmodel gelaat.

Toe Rapport vroeër oor die klein unies se grief berig het, het Saru teruggekap deur te sê dat hy nie ongrondwetlik opgetree het nie.

Saru het toe gesê hy het die befondsingsmodel op 15 Julie 2015 op ’n strategiese sessie in Franschhoek opgestel en dit is op 11 Desember 2015 se vergadering van die algemene raad goedgekeur.

Meer oor:  Grens  |  Luiperds  |  Boland  |  Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru)  |  Griffons  |  Valke  |  Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.