Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lionel wil Bulle se jonges touwys maak

Ondersteuners van die Bulle moes twee keer kyk toe Lionel Mapoe onlangs in sy eerste wedstryd vir die Ligbloues uitgedraf het.

Dié 33-jarige Springbok-senter was byna onherkenbaar met sy witgeel baard.

Hy skerts hy moet op een of ander manier probeer inpas by die jong manne by Loftus Versfeld.

“Ek bring so ’n bietjie kleur. Onthou, ek raak nie jonger nie.”

Lionel Mapoe onlangs op die aanval vir die Bulle teen die Leeus in die Curriebeker-kompetisie. Foto: Gallo Images

Mapoe het onlangs, ná twee seisoene in Frankryk, ’n Bul geword – juis met die mandaat om ’n mentor vir die opkomende sterre in die agterlyn te wees.

“Alles het verander met Covid-19 en ek en my gesin het begin huis toe verlang. Toe kom die geleentheid om Bulle toe te kom en ek en my vrou het dadelik besluit om dit aan te gryp.

“Ek is hier om die jonger spelers by te staan en kalmte te bring. Dit is ons doelwit om weer die Curriebeker te wen en daar is baie spelers wat nog nie in sulke druksituasies was nie. Ek wil graag help waar ek kan.”

Mapoe sê die kultuur by Loftus is heeltemal anders as in 2013 toe hy as ’n leenspeler vir die Bulle in die Superreeks gespeel het.

“Dit voel soos my tuiste. Die spelers praat met mekaar en leer by mekaar en daar is geen ego’s nie. Dit is ’n wonderlike omgewing.”

Die Blou Bulle kom Vrydagaand tuis teen die Haaie te staan in die Curriebeker-kompetisie en Mapoe sê hulle weet die besoekers “gaan partytjie toe kom”, veral nadat hulle die afgelope naweek in Durban teen Griekwas vasgeval het.

“Ons weet hulle gaan met groot planne kom. Al die spanne teiken die Bulle omdat ons die pas aangee in die kompetisie.”

Die Bulle is ná hulle oortuigende triomf oor die Westelike Provinsie op Nuweland boaan die puntelys.

Ná die Curriebeker-reeks kom die Verenigde Rugbykampioenskap (voorheen die Pro14-reeks) aan die beurt.

Mapoe sê dit “gaan baie anders wees as Superrugby”.

“Dit is waarom ons nou al die boublokke bymekaar kry. Ons loop nie die saak vooruit nie (in die Curriebeker-kompetisie), maar ons weet ook wat voorlê.”

Die wekroep wat hulle in die Reënboogbeker-eindstryd teen Benetton gekry het, is nou hulle maatstaf, sê Mapoe.

“Dit het seergemaak dat ’n span van die Bulle wat so oorheers het plaaslik, in die eindstryd gelyk het na ’n span wat nie kan rugby speel nie.

“Ons sit nou alles bymekaar en berei voor vir ’n kompetisie met heel nuwe uitdagings.”

Die Blitsbok Stedman Gans het vroeër dié week weer by die span aangesluit nadat hy van die Olimpiese Spele teruggekeer het. Hy en Mapoe sal in die komende weke om die nr. 13-trui meeding.

Meer oor:  Bulle  |  Lionel Mapoe  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.