Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kings kry kans oorsee, maar speel nog nie

’n Paar voormalige spelers van die Southern Kings het kontrakte met buitelandse spanne gesluit, maar hoe gou hulle vir hul nuwe spanne gaan speel, is ’n ander storie.

Bobby de Wee hoop om binnekort in Engeland rugby te speel. Foto: Gallo Images

Bobby de Wee, die afgelope paar jaar een van die Kings se beste slotte, wag nog om te hoor wanneer hy sy loopbaan in Engeland mag voortsit.

De Wee mag volgens sy ooreenkoms met sy nuwe klub nog nie sê vir wie hy gaan speel nie.

Sy dokumentasie is egter al byna afgehandel en hy kan dalk binne ’n paar weke oorsee vertrek.

Gerugte wil dit hê dat De Wee hom by die Ealing Trailfinders in Londen, ’n span wat in die liga onder die Premierliga speel, gaan aansluit.

Verskeie ander Suid-Afrikaners, soos die gewese Kings-haker Michael van Vuuren en die Westelike Povinsie-manne Pat Howard (senter) en Ryan Smid (slot) speel ook vir die Trailfinders.

Die veelsydige agterspeler Christopher Hollis sukkel om by sy nuwe klub in Frankryk uit te kom. Foto: Gallo Images

Drie belowende Kings-jongelinge, die senter/vleuel Christopher Hollis, heelagter Michael Botha en slot Aaron Brody wag steeds in spanning om te hoor wanneer hulle vir hul nuwe spanne in Frankryk kan gaan speel.

Volgens Ronnie Cooke, hul agent, is dit omtrent ’n nagmerrie om hulle in Frankryk te kry, omdat die Franse regering vanweë die tweede vlaag van die koronavirus weer baie streng reisbeperkings ingestel het.

Hollis is gekontrakteer om vir Perigueux Dordogne te speel, Botha vir Stade Niortais en Brody vir Savoie Rumilly.

Die voorryman Xandré Vos sal hom eers teen die begin van volgende jaar by die Free Jacks in Amerika aansluit.

Die flank Bakkies Brown bevind hom met werk en studie in Duitsland, maar speel glo nie nou rugby nie.

Meer oor:  Michael Botha  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.