Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Knap nr. 10 Roos dalk klaar met rugby

Die knap losskakel JC Roos oorweeg dit om sy rugbystewels weg te pak as hy nie vanjaar ’n kontrak kry om vir ’n Pro14- of ’n Super-span te speel nie.

JC Roos verlede maand in aksie vir die Kings teen die Cheetahs. Foto: Gallo Images

“Ek wil graag nog twee jaar rugby speel, maar net in die Pro14- of Superreekse,” sê die 27-jarige losskakel met die kanonvoet.

Roos het einde verlede maand ’n noodroep van die Southern Kings beantwoord toe dié franchise weens beserings uitgedun is.

Hy was toe ’n plaasvervanger vir die Kings in hul laaste Pro14-wedstryd van die seisoen teen die Cheetahs in Port Elizabeth.

Sedert daardie wedstryd het hy nog nie ’n kontrak-aanbod van die Kings, of ’n ander Pro14- of Super-franchise, gekry nie.

“Die Pumas het my gekontak, maar ek het hul aanbod van die hand gewys,” sê Roos, wat tevore meer as 60 wedstryde vir die einste Pumas gespeel het.

“Ek is lus vir ’n uitdaging soos die Pro14-reeks. Ek dink die soort rugby wat veral in die Europese toestande gespeel word, sal my pas,” sê hy.

Voordat hy twee jaar gelede Japan toe is, het Roos meer as 60 wedstryde vir die Pumas gespeel. Foto: Gallo Images

Roos het, voor sy uitstappie by die Kings, twee jaar vir die Canon Eagles in Japan gespeel.

“Daar het ek ook soms in kwaai reën en selfs sneeu gespeel en ek het dit geniet.”

Dis juis in sulke toestande dat Roos se goeie skopvoet vir sy span waardevol kan wees. Hy kan ’n bal ver skop, of dit pale toe is of na die kantlyn toe.

Roos is ook ’n fris man, wat nie huiwer om groot voorspelers op die verdediging te stuit nie.

“Soos ek sê, ek voel ek kan nog twee jaar rugby op ’n hoë vlak speel, maar intussen hou my werk my goed besig,” sê hy.

Roos, wat in Mosselbaai woon, het ’n aanlyn fiksheidsonderneming en skryf oefenprogramme vir mense van oor die wêreld heen.

Daar is volgens hom met sy fiksheid niks verkeerd nie.

“My laaste besering was in 2015 voordat ek Japan toe is. Ek het toe die kruisligamente in my linkerknie seergemaak. Ek is tans geseënd met goeie gesondheid.”

Meer oor:  Pro14  |  Superrugby  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.