Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Knie hou Boere-Fransman uit Sesnasies

Die Suid-Afrikaans gebore Bernard le Roux gaan Frankryk se Sesnasies-veldtog weens ’n kniebesering misloop.

Bernard le Roux in 2018 se Sesnasies-reeks. Foto: Getty Images

Le Roux (29), ’n boorling van Moorreesburg in die Wes-Kaap, wat ewe tuis op losvoorspeler as slot is, het die afgelope naweek ’n kniebesering in ’n wedstryd vir sy klubspan, Racing 92, teen die Scarlets opgedoen, volgens sixnationsrugby.com.

Hy het sy senior buiging vir Boland in 2009 gemaak, voordat hy later daardie jaar sy heil in Frankryk gaan soek het. Hy het in 2012 sy toetsbuiging vir die Hane gemaak.

Le Roux word deur Fabien Sanconnie, ’n spanmaat van hom by Racing 92, vervang.

Frankryk speel op 1 Februarie gasheer teen Wallis in sy eerste wedstryd van vanjaar se Sesnasies-reeks. – Sportredaksie

Meer oor:  Frankryk  |  Besering  |  Hane  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.