Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Knights se Kruger vat leisels by SWD

Die Knights se hoofafrigter die afgelope krieketseisoen, Alan Kruger, gaan sy loopbaan as breier by Suidwestelike Distrikte (SWD) voortsit.

SWD het Dinsdag aangekondig dat hy Baakier Abrahams gaan vervang, wat ná drie seisoene nou die Warriors se hulpafrigter gaan wees.

Alan Kruger gaan sy loopbaan as afrigter by SWD voortsit. Foto: Verskaf

Die 39-jarige Kruger het in sy speeldae vir Noord-Kaap en die Knights in meer as 111 eersterangse wedstryde en 100 eendagwedstryde gespeel.

Hy was aanvanklik die hulpafrigter van die Knights en het in die 2018-’19-seisoen oorgeneem by Nicky Boje as hoofbreier toe dié voormalige Protea-draaier aangekondig het dat hy na Engeland gaan verhuis.

Die Knights het gedurende die afgelope seisoen aangekondig dat Allan Donald voortaan sy nuwe hoofbreier is.

Kruger is verheug oor die geleentheid by SWD en sê hulle mik daarna om trofeë vir die unie te wen.

Albertus Kennedy, uitvoerende hoof van SWD, sê hulle beplan om in Oktober te begin oefen en dat die provinsiale kompetisies tussen Januarie en April gespeel kan word.

Kruger het glo ook belang gestel om Noord-Kaap af te rig. Noord-Kaap (voorheen Griekwas) sal binnekort ’n aankondiging maak oor wanneer hy sy vakante breierspos sal adverteer.

Meer oor:  Alan Kruger  |  Swd  |  Krieket  |  Knights  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.