Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Werner Kok beloon vir spel teen Leeus
Werner Kok en Duhan van der Merwe in gesprek ná die tweede wedstryd tussen die Haaie en die Britse en Ierse Leeus. Foto: Getty Images

Werner Kok is vir sy twee skitterende vertonings teen die Britse en Ierse Leeus beloon met die nr. 13-trui vir die Haaie se Curriebeker-kragmeting met die Vrystaat-Cheetahs Saterdag in Bloemfontein.

Dié Blitsbok-ster het hom verlede jaar in Durban aangesluit en van meet af in die media gesê hy is daar “as ’n senter”, maar het die meeste van sy rugby op vleuel gespeel. Die Haaie het toe nog vir André Esterhuizen beskikbaar gehad, maar selfs nadat Esterhuizen na Harlequins in Engeland geskuif het, is Kok selde in die middelveld ingespan.

Die Haaie-kaptein, Lukhanyo Am, dra gewoonlik die nr. 13-trui as hy nie op Bok-diens is nie, met Marius Louw of Jeremy Ward aan sy binnekant. Wanneer Am nie beskikbaar is nie, beman Louw en Ward gewoonlik die middelveld saam.

Sean Everitt, die Haaie-afrigter. Foto: Gallo Images

Maar Kok het só goed vertoon in die twee wedstryde teen die Leeus, dat Sean Everitt, die Haaie-breier, besluit het om hom langer kans te gee in sy gunstelingposisie. Kok het in die eerste wedstryd teen die Leeus vleuel gespeel en in die tweede senter.

Saterdag word hy langs Louw ingespan, met Ward op die plaasvervangersbank.

Curwin Bosch is terug op losskakel nadat Lionel Cronjé die nr. 10-trui in die tweede wedstryd teen die Leeus gedra het. Cronjé is op die plaasvervangersbank.

Grant Williams is die skrumskakel in die afwesigheid van Jaden Hendrikse, wat ’n skorsing van drie wedstryde uitdien nadat hy ’n rooi kaart in die tweede wedstryd teen die Leeus gekry het. Dit is die eerste wedstryd van sy skorsing.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) aangekondig dat die Haaie en Bulle elk vier ligapunte sal ontvang vir die wedstryd tussen dié spanne wat afgelas is. Die wedstryd sal aangeteken word as ’n gelykopuitslag van 0-0.

Die Bulle het ook ingestem om hul tuiswedstryd teen die Haaie op Vrydag 6 Augustus van Loftus Versfeld na Kingspark te skuif, nadat daar reeds drie tuiswedstryde van die Haaie dié seisoen afgelas is. 

Die Haaie-span is:
Anthony Volmink, Marnus Potgieter, Werner Kok, Marius Louw, Thaakir Abrahams, Curwin Bosch, Grant Williams, Phepsi Buthelezi (k), Dylan Richardson, James Venter, Reniel Hugo, Le Roux Roets, Khutha Mchunu, Kerron van Vuuren, Ntuthuko Mchunu. PLAASVERVANGERS: Dan Jooste, Mzamo Majola, Lourens Adriaanse, Thembelani Bholi, Mpilo Gumede, Cameron Wright, Lionel Cronjé, Jeremy Ward.


Meer oor:  Werner Kok  |  Sean Everitt  |  Durban  |  Senter  |  Haaie  |  Leeustoer  |  Afrigter  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.