Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kok en Geduld haal Droomspan in Singapoer
Justin Geduld trek ore plat in die kwarteindstryd teen Samoa Sondag. Foto: Getty Images

Twee Blitsbokke is in die Droomspan van die sewestoernooi in Singapoer ingesluit.

Werner Kok en Justin Geduld is die Suid-Afrikaners in dié span, met vier spelers van Fidji wat die paal gehaal het.

Die Fidjiane is Josua Vakurunabili, Meli Derenalagi,

Aminiasi Tuimaba en Vilimoni Botitu. Een Skot, Max McFarland, het ook die paal gehaal.

Die 25-jarige Geduld het die Blitsbokke in die eindstryd aangevoer, nadat die kaptein, Siviwe Soyizwapi, dié wedstryd weens ’n besering misgeloop het.

Suid-Afrika het Sondag met ’n ongekende terugvegpoging vorendag gekom om Fidji in die eindstryd met 20-19 te verslaan. Dit nadat die Fidjiane teen rustyd gerieflik met 19-0 voor was. – Sportredaksie

Meer oor:  Justin Geduld  |  Werner Kok  |  Sewes  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.