Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kolbe en Geduld oefen dat dit klap
Die Blitsbok Justin Geduld (links) oefen saam met die Springbok Cheslin Kolbe. Foto: Jaco Marais

Die meeste mense droom daarvan om ’n dag in die geselskap van ’n bekende deur te bring, maar ’n Blitsbok het dit reggekry om die staat van inperking saam met die Springbok-Wêreldbekerheld Cheslin Kolbe deur te bring.

Justin Geduld, een van die spelskeppers by die nasionale sewesspan, is die week in Kaapstad afgeneem waar hy en Kolbe saam oefen.

Maar daar is niks sinisters daaraan nie, sê die 26-jarige Geduld.

“Ons bly eintlik in Cheslin se huis in Proteahoogte (naby Durbanville). Ons was hier toe die staat van inperking aangekondig is en toe sê hy ons moet sommer hier bly vir die tyd, sodat hulle ook nie eensaam is nie.

Ons was hier toe die staat van inperking aangekondig is en toe sê hy ons moet sommer hier bly vir die tyd, sodat hulle ook nie eensaam is nie.
Justin Geduld

“My (Geduld se) vriendin en sy vrou is niggies, so dit is hoe ons saam geëindig het in die tyd. Maar ek en Cheslin is al lank vriende en het ook saamgespeel,” sê Geduld.

Die twee het byvoorbeeld in 2013 saam vir die Junior Bokke gespeel.

Kolbe (26), een van die sterre van die Bokke by die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Japan, het vroeër in sy loopbaan vir die Blitsbokke gespeel. Die plan was juis dat hy later vanjaar vir die Olimpiese Spele oorweeg word.

Die Blitsbok Justin Geduld (links) en die Springbok Cheslin Kolbe hoef darem nie op eie houtjie tydens die inperking te oefen nie. Foto: Jaco Marais

“Ons praat beslis oor sewes en rugby oor die algemeen. Hy praat oor hoe dit in Frankryk (waar Kolbe tans vir Toulouse speel) gaan en hy vra hoe dit hier by die sewes gaan.

“Dis maar elke speler se droom om ’n Springbok te word. Ek wil beslis nog ’n Bok word en sien uit na die toekoms. Maar voor dit wil ek eers aan die Olimpiese Spele deelneem,” sê Geduld.

Hy vertel dat dit lekker is om saam met iemand te oefen in ’n tyd dat sportmanne en -vroue weens die Covid-19-pandemie op hulself aangewese is om fiks by hul huise te bly.

“Dit is lekker om saam met hom te oefen terwyl ons in inperking is. Ek dink as jy op jou eie oefen, kan jy dalk dinge te rustig vat of moontlik selfs te erg.

“Dit kan selfs gebeur dat jy nie die sessie voltooi nie. Maar dit maak dit net baie lekkerder om saam met iemand te oefen. Julle kan mekaar ondersteun as julle dit nodig het,” sê Geduld.

Meer oor:  Justin Geduld  |  Cheslin Kolbe  |  Durbanville  |  Covid-19  |  Rugby  |  Blitsbok  |  Oefen  |  Inperking  |  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.