Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheslin Kolbe se rib lol ná hy reus lak

Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe het 'n ongemaklike nag agter hom, nadat hy Saterdag in sy Franse klubspan Toulouse se Europese Kampioenebeker-kragmeting met Montpellier sy ribbes beseer het deur die Fidjiaanse reus Nemani Nodolo te lak.

Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe in die kleure van die Franse klubspan Toulouse. Foto: Getty Images

Kolbe, een van die grootste sterre van die Springbokke se suksesvolle Wêreldbeker-veldtog, is na die duikslag in die 61ste minuut van die veld. Heeltemal verstaanbaar ook: Nodolo is 'n bielie wat die skaal op 130 kilogram trek, met Kolbe 'n goeie 50 kilogram ligter.

“(Kolbe se) ribbes is in die duikslag beseer en hy gaan ’n rukkie lank met die pyn moet saamleef," het Ugo Mola, Toulouse se afrigter, na die wedstryd gesê. "Ons weet nog nie hoe ernstig dit is nie, so ons sal Maandag ’n skandering laat doen om te sien wat sy vooruitsigte is."

Mola kon tussendeur sy kommer oor Kolbe darem glimlag oor die uitslag van die wedstryd, wat Toulouse met 26-18 gewen het. 

Montpellier was vroeg reeds op die agtervoet na hulle self een van hul staatmakers weens 'n besering verloor het.

Die voormalige Franse agtsteman Louis Picamoles is na net drie minute met ’n draagbaar van die veld. Die 33-jarige Fransman, wat internasionale rugby na die WB-toernooi vaarwel geroep het, het volgens vroeë aanduidings ’n knieligament geskeur.

“Dis lyk nie goed nie. Ons sal wag vir die uitslag van die skandering, maar ons verwag die ergste,” het Montpellier se breier, Xavier Garbajosa, gesê.

* Die berig is aangepas nadat dit oorspronklik gepubliseer is.

- Sport24; Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.