Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kolisi gaan nie deel wees van Bok-uittog

Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, is nie van plan om van aanstaande jaar af sy loopbaan in Japan voort te sit nie.

Siya Kolisi wil glo in Suid-Afrika bly. Foto: Getty Images

Terwyl dit nog ’n geruime tyd sal wees voor ’n amptelike aankondiging gemaak word, het betroubare bronne aan Netwerk24 gesê dat Kolisi die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en die Westelike Provinsie in kennis gestel het dat hy graag in Suid-Afrika wil bly.

Kolisi het vroeër vanjaar die Japanse klub Panasonic besoek, wat tot bespiegeling aanleiding gegee het dat hy ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi moontlik sy rugby daar gaan speel.

Hy is sedert die begin van die jaar ook om die verkeerde redes in die nuus – eers was dit oor uitlatings oor wat wyle president Nelson Mandela van die kwotastelsel sou gedink het en onlangs vir sy vrou se mannewales op sosiale media.

Die gerug loop sterk dat Damian de Allende ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan gaan speel. oto: Getty Images

Soos sake tans staan, is die slot Eben Etzebeth die enigste top-Springbok oor wie se toekoms al ’n amptelike aankondiging gemaak is.

Mourad Boudjellal, president van die Franse klub Toulon, het in Desember verlede jaar uit die bloute aangekondig dat sy span ’n kontrak met Etzebeth onderteken het.

Die verwagting is egter dat Damian de Allende, die Stormers se Bok-binnesenter, in Japan sal gaan speel ná die WB-toernooi.

Die WP is egter glo vol vertroue dat hy die dienste van die loskopstut Steven Kitshoff en slot/flank Pieter-Steph du Toit sal behou. Albei is spelers van wêreldgehalte en dít, tesame met die nuus oor Kolisi, bring darem te midde van die Stormers se treurmares op die veld ’n bietjie goeie nuus.

Die Paryse klub Stade Francais is op Jesse Kriel se spoor. Foto: Getty Images
Bordeaux-Begles maak glo jag op Lood de Jager. Foto: Getty Images

By die Bulle is twee senior Springbokke – die slot Lood de Jager en senter Jesse Kriel – onderskeidelik in die visier van Bordeaux-Begles en Stade Francais in Frankryk.

Die Bulle het egter met Remgro as aandeelhouer waarskynlik die koopkrag om die meeste van sy voorste spelers te behou.

Twee van die Haaie se Springbokke – die losskakel Robert du Preez en haker Akker van der Merwe – het reeds kontrakte met Sale Sharks in Engeland onderteken.

Meer oor:  Lood De Jager  |  Jesse Kriel  |  Siya Kolisi  |  Damian De Allende
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.