Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Kolisi het al goed aangepas by Haaie'
Siya Kolisi is vir die Haaie se beginspan in die kragmeting met die Stormers gekies. Foto: Gallo Images

Sean Everitt, die Haaie se afrigter, sê Siya Kolisi het ongelooflike vooruitgang getoon vandat hy hom vanaf die Stormers by dié span aangesluit het.

Kolisi is in die beginspan gekies om sy gewese spanmaats Saterdag in Kaapstad in die spanne se eerste wedstryd van die plaaslike Reënboogbeker-reeks aan te durf.

“Siya het onder groot druk by die Haaie aangekom, maar hy het dit te bowe gekom en baie hard geoefen,” sê Everitt.

“In sekere van die bydraes wat hy onlangs op die veld gemaak het, kon ’n mens sien hy het ’n treetjie boontoe gegee. Ons oefeninge is effens anders as waaraan hy by die Stormers gewoond was.

Hy het groot vordering gemaak wat sy kondisionering betref en die bydraes wat hy op die veld lewer, is beduidend.
Sean Everitt

“Hy het groot vordering gemaak wat sy kondisionering betref en die bydraes wat hy op die veld lewer, is beduidend. In ons stelsel raak hy meer op die veld as by die Stormers betrokke.

“Hy is iemand na wie die span opkyk en hy bied baie wat leierskap betref. Ek is opgewonde om te sien wat hy kan vermag,” sê die Haaie se breier.

Kolisi sal Saterdag ’n lostrio saam met Henco Venter en nóg ’n gewese Stormer, Sikhumbuzo Notshe, vorm.

Sean Everitt, die Haaie-afrigter.

Everitt het besluit om Grant Williams ’n kans op skrumskakel te gee. Die Haaie roteer hul drie jong skrumskakels – Williams, Sanele Nohamba en Jaden Hendrikse – maar Hendrikse het hom onlangs as die voorkeurspeler in dié posisie onderskei. Hy is egter nie in Saterdag se 23-tal nie, aangesien hy met ’n besering sukkel.

Nohamba is op die plaasvervangersbank. Marius Louw, Dylan Richardson, Dan Jooste en Murray Koster is almal ook beseer, terwyl James Venter vandeesweek ná ’n besering na die oefenveld teruggekeer het. Hy sal van volgende week af oorweeg word.

Die Haaie het ook ’n ou bekende terugverwelkom. Die stut Wiehahn Herbst sit op die plaasvervangersbank nadat hy deur die Leeus aan die Haaie geleen is.

Herbst het vroeër rugby vir die Haaie gespeel.

Everitt verwag dat die Stormers met ’n verwoede aanslag in die vaste fasette vorendag gaan kom, veral met hul Springbok-voorry gereed vir aksie en die Bok-flank Pieter-Steph du Toit wat ná ’n besering terug is.


Hulle gaan groot druk op ons plaas in die skrums en die lynstane, maar ons is gereed daarvoor.
Sean Everitt

"In Ox (Nché, loskopstut) en Thomas (du Toit, vaskopstut), sowel as Fez Mbatha (haker), wat sekerlik aan die Bok-deur klop, het ons ook ’n formidabele voorry.”

Haaie se span:
Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am (k), Jeremy Ward, Yaw Penxe, Curwin Bosch, Grant Williams, Sikhumbuzo Notshe, Henco Venter, Siya Kolisi, Reniel Hugo, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Fez Mbatha, Ox Nché. PLAASVERVANGERS: Kerron van Vuuren, Ntuthuko Mchunu, Wiehahn Herbst, JJ van der Mescht, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Manie Libbok, Werner Kok.
 
Meer oor:  Sean Everitt  |  Siya Kolisi  |  Kaapstad  |  Durban  |  Afrigter  |  Rugby  |  Stormers  |  Reenboogbeker-Reeks  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.