Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kollig op ‘ou’ manne in Jukskei-derby

Die Bulle het verlede jaar gewys dít wat op die sogenaamde Superheld-Sondag gebeur, is kwalik ’n maatstaf vir dít wat in die Superreeks te wagte kan wees van ’n span.

Elton Jantjies, kaptein van die Leeus, kom Sondag in die FNB-stadion teen die vergete Springbok Morné Steyn te staan. Foto: Gallo Images

Só ook sal die FNB-stadion se telbord Sondag ’n bysaak wees wanneer die Bulle en die Leeus mekaar in die gewaad van Captain America en Spider-Man aandurf.

Albei hoofafrigters, Pote Human en Ivan van Rooyen, sal eerder hoop die losmaker laat hulle met antwoorde, pleks van ongemaklike vrae twee weke voor die 25ste weergawe van Superrugby begin.

Op grond van die spanne wat gekies is, is albei die Gautengse franchises in die vroeë dae van herbou.

Voorlangs byvoorbeeld, makeer die groot name van Warren Whiteley, Kwagga Smith, Malcolm Marx, Duane Vermeulen, Lood de Jager, RG Snyman en Schalk Brits.

Suid-Afrikaanse rugby se groot uittog ná verlede jaar sê Wêreldbeker-toernooi het die Bulle, die voorste plaaslike span in die kompetisie in 2019, die hardste getref.

Die besluitnemers by Loftus Versfeld het – in ’n poging om skadebeheer toe te pas – die veterane Morné Steyn (35) en Juandré Kruger (34), sowel as die voormalige Leeus-kaptein Josh Strauss (33) gekontrakteer.

Toe Josh Strauss laas in Johannesburg gespeel het, was dit nog vir die Leeus. Hy keer egter Sondag ná vele jare terug na die Goudstad, maar dié keer in die kleure van die Bulle.Foto: Gallo Images

Sondag se Jukskei-derby sal die eerste ware aanduiding wees wat dié trio die Bulle vanjaar kan bied.

Steyn was verlede naweek knap teen die Tukkies, maar die gehalte van die teenstand moet in aanmerking geneem word.

Van Rooyen sal op sy beurt hoopvol wees dat die 37-jarige Jannie du Plessis die regte man is om die Leeus se skrum te anker.

Jamba Ulengo het ’n paar seisoene terug nog vir die Bulle uitgedraf, maar bevind hom nou in die leeukuil. Sy tweestryd met Rosko Specman kan ’n hoogtepunt in Sondag se Superheld-stryd wees.Foto: Gallo Images

Daar is ook talle oud-Bulle soos Jamba Ulengo, Duncan Matthews, André Warner en Roelof Smit, wat ekstra ywerig sal wees om ’n punt te bewys in ’n Leeus-trui.

Daar is ook heerlike tweestryde: Ulengo teen Rosko Specman, Steyn wat teenoor Elton Jantjies stelling inneem en Du Plessis se skrumstryd teen die jong bul Simphiwe Matanzima.

Afgesien van gemoedsrus kry, sal Human en Van Rooyen nie ’n vroeë sielkundige opstopper van die hand wys nie.

Nie dat dít verlede jaar die Stormers gehelp het toe hulle die Bulle op superheld-Sondag in Kaapstad verfomfaai het nie.

* Leeus: Tiaan Swanepoel, Jamba Ulengo, Duncan Matthews, Dan Kriel, Courtnall Skosan, Elton Jantjies (k), André Warner, Len Massyn, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Jannie du Plessis, Pieter Jansen, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Frans van Wyk, Roelof Smit, Cyle Brink, Morne van der Berg, Manuel Rass, Tyrone Green, Jo-Hanko de Villiers, Wilhelm van der Sluys, Jan-Louis La Grange, Wandisile Simelane.

Bulle: Warrick Gelant, Johnny Kotze, Cornal Hendricks, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Josh Strauss, Muller Uys, Wian Vosloo, Juandré Kruger, Andries Ferreira, Wiehahn Herbst, Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp, Mornay Smith, Ryno Pieterse, Ruan Nortjé/Jean Droste, Embrose Papier, Chris Smith, Divan Rossouw, Dylan Sage, Manie Libbok, Jeandré Rudolph, Abongile Nonkontwana, Tim Agaba.

Skeidsregter: Rasta Rasivhenge.

Assistent-skeidsregters: Divan Uys, Aimee Barrett-Theron.

TV-skeidsregter: Willie Vos.

Afskop: 15:15 (SS 1).

Meer oor:  Superheld-Sondag  |  Leeus  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.