Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kontak-oefeninge: 'Nou kan ons fokus'

Die lang gewag is uiteindelik verby en die beroepspanne wat aan vanjaar se Curriebeker-reeks deelneem, kan van vandeesweek af aan kontakoefeninge deelneem.

Die regering, en meer belangriker, die minister van sport, Nathi Mthethwa, het uiteindelik die jawoord gegee vir spanne om aan kontakoefeninge te kan deelneem, nadat hulle die laaste klomp weke in groepe kon oefen.

Die Cheetahs is die verdedigende kampioen en vir hulle is die nuus soos manna uit die hemel, veral met die swaard van voortgesette deelname aan die Pro14-reeks wat oor hul koppe hang.

Oupa Moje sê hy is die eerste keer in meer twee jaar gereed om te speel. Foto: Gallo Images

Voordat daar met kontakoefeninge begin kan word, sal elke speler eers aan Covid-19 toetse onderhewig wees. Die Cheetahs kry weliswaar vandeesweek ’n blaaskans, maar hulle sal beslis toetse ondergaan voordat hulle met kontakoefeninge begin.

Hawies Fourie, die Cheetahs se hoofafrigter het die nuus verwelkom en hy en sy groep is opgewonde daaroor.

“Ek dink ons sal aan die begin nie soveel kontak maak nie en vier of vyf manne aan beserings blootstel nie, maar ons sal geleidelik moet begin.

“Ons sal met duiksakke werk, sonder kontak en sonder skerms. Ons het ’n plan oor hoe ons dit wil aanpak,” sê Fourie.

Hy sê hulle sal daarna in sessies van 15 minute teen mekaar speel, want as dit kom by span kies, sal daar gekyk moet word na die speler wat op peil is.

Dit sal die volgende twee tot drie weke deel wees van hul oefenprogram.

“Ons het dan tot 3 Oktober voordat ons in ’n volle wedstryd sal speel en alles sal geleidelik ingefaseer word,” sê Fourie.

As daar een speler is wat nie sy opgewondenheid wegsteek oor die vooruitsigte om te speel nie, is dit die Springbok-flank Oupa Mohoje.

Hy het meer as twee jaar laas gespeel as gevolg van ernstige kniebesering.

Dis nie lekker om te hoor ons kan uit die Pro14-reeks geskop word nie.
Oupa Mohoje

“Ek is nou nader daaraan om te speel as meer as twee jaar gelede. Of ons nou oor ’n maand speel of wanneer ook al, ek is sal reg wees.

“Ons weet die eerste wedstryd is op 3 Oktober, ons weet nog net nie teen wie nie, maar ek kan nie wag nie,” sê Mohoje.

Hy meen die nuus dat hulle met kontakoefeninge kan begin, kom op die regte tyd.

Eerstens omdat die spelers gefrustreerd is om so lank te moes wag voor hulle dit kon doen, en tweedens omdat die bespiegelinge dat hulle hul Pro14-status kwyt kan wees, baie negatief is.

“Dis nie lekker om te hoor ons kan uit die Pro14-reeks geskop word nie. Nou kan die spelers fokus op die Curriebeker-reeks en die beamptes in die raadsale kan werk maak van die situasie met die Pro14.

“Ons wil almal net rugby speel en as ons nie hoef te fokus op goed wat in elk geval buite ons beheer is nie, dan sal dit selfs nog meer help in die voorbereiding vir die verdediging van ons titel,” sê Mohoje.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Sa Rugby  |  Cheetahs  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.