Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kopbesering eis nóg ’n rugbyspeler

’n Rugbyspeler is Donderdag dood vermoedelik weens ’n kopbesering, wat hy die afgelope Saterdag in ’n klubwedstryd opgedoen het.

Die Samoaanse Rugbyunie (SRU) sê in ’n verklaring Faiva Tagatauli (27), wat tevore vir Samoa se o.20-span op flank uitgedraf het, is dood.

Bernard Laporte, president van die Franse Rugbyfederasie. Foto: Getty Images

Tagatauli het vir die Vaimoso-klub gespeel, toe hy 10 minute voor die einde van die wedstryd aangedui het dat hy die veld wil verlaat.

Hy het langs die kantlyn sy bewussyn verloor en ’n hartaanval gekry.

Tagatauli is na ’n hospitaal geneem waar hy in die hoësorgeenheid behandel is, voordat hy Donderdag dood is.

Dié Samoaan se dood kom in ’n tyd dat rugby se veiligheid onder skoot kom, nadat vier spelers binne die bestek van agt maande in Frankryk dood is weens beserings wat hulle in wedstryde opgedoen het.

Nathan Soyeux, ’n 23-jarige student, is vroeër vanjaar ná ’n duikslag in ’n wedstryd naby Dijon dood.

Kort voor Soyeax se dood het die Franse Rugbyfederasie FFR) by monde van sy president, Bernard Laporte, ’n beroep op Wêreldrugby gedoen om die reëls oor duikslae te hersien.

Die FFR het gevra dat duikslae bo die heupe verbied word.

Faleomavaega Vincent Fepuleai, uitvoerende hoof van die SRU, sê die unie besef die belangrikheid van spelers se welstand.

“Ons werk nou saam met die spelersverenigings en Wêreldrugby om te verseker dat oefening- en bewusmakingsprogramme aan wedstrydbeamptes, afrigters en administrateurs beskikbaar is.” – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Kopbesering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.