Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kopbesering: Walliese ster sien spesialis

Leigh Halfpenny sal ’n spesialis raadpleeg in ’n poging om uit te vind hoe lank dit gaan neem om te herstel van harsingskudding wat hom al byna twee maande langs die kantlyn hou.

Leigh Halfpenny sukkel al vir ’n groot deel van sy rugbyloopbaan met kopbeserings. Foto: Getty Images

Die Walliese heelagter het sedert die Rooi Drake se toets teen die Wallabies in Cardiff op 10 November nie weer gespeel nie.

Halfpenny het die veld verlaat nadat die Aussie-senter Samu Kerevi hom laat geduik het.

BBCSport berig dat sy klubspan, Scarlets, hom vir ’n wedstryd teen die Cardiff Blues verlede naweek gekies het, maar dat hy hom op die nippertjie weens kopseer moes onttrek.

Scarlets se afrigter, Wayne Pivac, het gesê Halfpenny, wat 80 toetse vir Wallis gespeel het, sal verdere mediese behandeling ontvang.

“Hy sal ’n spesialis spreek wat hopelik ’n goeie aanduiding sal verskaf oor wanneer hy kan terugkeer,” het Pivac gesê.

“Ons sal volgende week hopelik weet. Hy is nou al bykans agt weke buite aksie, so ons wil eintlik bevestiging hê dat ons die regte ding doen en op koers bly.

“Leigh is baie gefrustreerd. Jy kan ’n beenbesering sien, sulke dinge is maklik om te hanteer, want jy weet hoe lank dit gaan neem. Spiere en gebreekte bene neem ook net ’n sekere tyd om te herstel, maar met kopbeserings is dit anders. Dit is frustrerend vir almal wat betrokke is, des te meer nog vir Leigh.”

Op die vraag of Halfpenny moontlik aangeraai sal word om vir ’n lang tydperk nie te speel nie, het Pivac gesê: “Daaroor moet die spesialis en ons mediese span besluit.

“Wat ons betref, sal ons eenvoudig nie die kans vat en toelaat dat hy speel voordat hy 100% reg is nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Harsingskudding  |  Leigh Halfpenny  |  Toetsrugby  |  Rooi Drake  |  Kopbesering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.