Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kopstampe: Rugbyspeler (27) tree uit

Stevie Ward (27), kaptein van die Leeds Rhinos in Engeland, het weens die langtermyngevolge van harsingskudding wat hy verlede jaar opgedoen het uit rugbyliga getree.

Stevie Ward het rugbyliga op 27-jarige ouderdom gelos omdat hy sukkel met die nagevolge van harsingskudding. Foto: Getty Images

Ward, wat die Grand-eindstryd en Uitdaagbeker op twee geleenthede saam met Leeds gewen het, het harsingskudding in ’n voorseisoense vriendskaplike wedstryd in Januarie opgedoen en weer twee weke later in die eerste kragmeting van die seisoen.

Die losvoorspeler het die res van 2020 langs die kantlyn gesit en sy kontrak met Leeds het aan die einde van die seisoen verstryk.

Hy sê hy kan nie nog kanse met sy gesondheid waag nie.

“Ek het ná 11 maande van ernstige simptome tot die besef gekom dat ek hierdie besering die respek en tyd moet gun wat dit verdien. Ek kan nie my brein en gesondheid verder in gevaar stel nie,” sê Ward.

“Ek sukkel daagliks met erge hoofpyn, duiseling, bewegingsiekte, sensitiwiteit vir lig en rekenaarskerms, kwessies met my korttermyngeheue, uitspraakprobleme en die onvermoë om te oefen of daaglikse take te verrig sonder om die simptome te vererger.”

Verlede maand het ’n groepie voormalige rugbyspelers, insluitende die Engelse Wêreldbekerwenner Steve Thompson (42), bekendgemaak hulle gaan ’n gesamentlike skadevergoedingseis teen die Engelse en Walliese Rugbyunies, asook Wêreldrugby indien, omdat hulle weens al die stampe wat hulle in hul speeldae gekry het, tekens van demensie begin toon.

Die bogenoemde beheerliggame het gesê die veiligheid van spelers is hul “grootste prioriteit”.

– Reuters

Meer oor:  Harsingskudding  |  Toetsrugby  |  Steve Thompson  |  Wêreldrugby  |  Rugbyliga  |  Kopbeserings  |  Curriebeker  |  Leeds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.