Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kort week vir krankes om te herstel

Die Cheetahs hou asem op oor die moontlikheid om ’n paar beseerde spelers weer te betrek.

Die stut Luan de Bruin se enkelbesering is so danig dat hy die naweek weer nie in sal kan speel nie. Foto: Gallo Images

Maar daar was ook slegte nuus met die intrapslag van ’n verkorte week van voorbereiding vir Vrydagaand se Pro14-wedstryd teen Ulster in Bloemfontein.

Die stut Luan de Bruin sou Maandag ’n spesialis gaan sien het oor sy enkelbesering. Ongeag die uitslag sal hy weer nie vir Vrydag se stryd oorweeg kan word nie.

“In die stadium weet ek nog nie hoe lank nog ek uit sal wees nie. Wat ek wel weet, is dat ek nie Vrydag sal speel nie,” sê De Bruin.

Ook die agtsteman Jasper Wiese, sê sy kanse om die naweek na die veld terug te keer is min.

“Ek het verlede week vir x-strale gegaan en sal vandeesweek vir ’n skandering gaan om te sien hoe erg die besering aan my skouer is.

“Op die oomblik voel die skouer goed en nou hoop ek net die besering is nie té ernstig nie,” sê Wiese.

Die bestuur wag ook nog op te sien of slot Justin Basson, wat van die plaasvervangersbank vir die wedstryd teen die Glasgow Warriors weens longontsteking onttrek is, oorweeg sal word.

Daar was verlede week groot opgewondenheid oor die moontlike Pro14-buiging van die losskakel Louis Fouché, maar hy moes hom weens ’n boarmspierbesering aan die Warriors-wedstryd onttrek.

“Dis nog te vroeg om te sê of ek sal reg wees – die kanse is 50/50 en ’n besluit sal eers later geneem word,” sê hy.

Na ’n skittervertoning deur die Tian Schoeman, kan Fouché waarskynlik weer op die plaasvervangersbank betrek word as hy betyds herstel.

Cheetah-spelers wat met langtermynbeserings sukkel, is die kaptein en Springbok-flank Oupa Mohoje (knie) en die senter Dries Swanepoel (skouer).

“Die operasie het goed afgeloop en ek is nou besig met rehabilitasie. Ek wil so gou moontlik reg wees om weer te kan speel, maar dit gaan maande wees voor ek weer op die veld sal wees,” sê Mohoje.

Swanepoel het ook ’n suksesvolle operasie ondergaan en hy sê hy behoort vir die eerste wedstryd van die nuwe jaar teen Zebre in Italië, oorgehaal te wees om te speel.

* Die Curriebeker-span speel Vrydag in die hoofvoorwedstryd in hulle laaste stryd van die reeks teen die Pumas.

Daar bestaan ’n moontlikheid dat die haker Elandré Huggett na langer as jaar langs die kantlyn weens ’n ernstige kniebesering, oorweeg kan word.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.