Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Koster sál weer kan speel na nekoperasie

Dit was vir hom ’n groot skok, want daar was ’n moontlikheid dat hy verlam sou raak as die besering in sy nek nie aandag kry nie.

Armandt Koster. Foto: Gallo Images

So sê die voormalige Cheetah-slot Armandt Koster Woensdag uit ’n Kaapstadse hospitaal waar hy Maandag onder die mes was.

Hy was tot onlangs toe nog by die Franse rugbyklub Grenoble saam met nog ’n voormalige Cheetah-slot, Francois Uys, gekontrakteer.

Koster (27) se laaste wedstryd in ’n Cheetah-trui was in die tweede Pro14-wedstryd teen Munster in Limerick, Ierland, op 9 September.

Tydens die gebruiklik mediese toetse vooraf in Frankryk is ontdek dat ’n skyf in sy nek druk op sy ruggraat plaas.

Grenoble wou nie kanse daarmee waag nie. Sy kontrak is gevolglik beëindig nog voordat hy ’n enkele wedstryd vir die klub gespeel het.

“Dit was ’n groot skok en die kanse dat ek verlam kon raak, het my laat skrik. Dit is gelukkig nou ná die operasie iets van die verlede. Dit is ’n groot verligting en ek kan nou weer asemhaal,” sê Koster.

Hy het op 27 November reeds in die land aangekom en het by sy ouerhuis in Eshowe in Natal gaan uitspan. Hy keer die naweek weer terug soontoe waar hy sal aansterk.

“Ek sal beslis weer kan speel, maar nou gaan ek dit eers rustig moet neem,” sê Koster.

Ná wat verneem word, is daar nog geen nuwe aanbiedinge vir sy dienste nie, maar hy is hoopvol dat iets wel sy kant toe sal kom.

“Dit was baie teleurstellend dat ek nie vir Grenoble kon speel nie, maar ek moes my gesondheid eerste stel. Ek glo ek gaan as ’n baie beter speler anderkant uitkom.

“Alles het so vinnig gebeur en ek moes skielik planne beraam om my gesondheid te verseker. Alles blyk nou weer in orde te wees. Nou moet ek net wag vir die herstelproses.”

Meer oor:  Grenoble  |  Besering  |  Cheetahs  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.