Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Koue, diepkant moontlik Chris se voorland

Ofskoon hy vir nou aan die bloedige hitte van die Vrystaat gewoond moet raak, is die geelwortel van Pro14-rugby en die ysige toestande in Europa al waaraan die flank Chris Massyn tans dink.

Dié 25-jarige sal volgende naweek sy Pro14-buiging vir die Cheetahs maak in dié span se wedstryd teen die Ospreys in Swansea, Wallis. Dít sal die Cheetahs se laaste kragmeting in die kalenderjaar wees.

Chris Massyn in ’n ligte luim tydens Dinsdag se oefening in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Die verwagting is dat die agtsteman Jasper Wiese Woensdag vir minstens drie weke geskors sal word ná sy rooikaart-oortreding teen die Cardiff Blues.

Massyn het onlangs by die Cheetahs aangesluit met ’n kontrak van twee jaar en sweet die laaste twee weke behoorlik. Hy het vroeër vanjaar nog onder die Cheetahs se nuwe breier, Hawies Fourie, in die Varsitybeker-reeks vir die Maties gespeel.

Fourie kan besluit om Junior Pokomela op agtsteman in te span, wat beteken dat Sias Koen na die beginspan bevorder sal word met Gerhard Olivier as sy flankmaat. Dit kan meebring dat Massyn op die plaasvervangersbank gekies word.

“Ek is baie opgewonde, maar ek moet erken die hitte was nogal kwaai die afgelope tyd. Ons (die spelers wat nie gaan toer het nie) het hard gewerk, so hopelik kry ek binnekort my kans en dan moet ek wys wat ek kan doen,” sê Massyn.

Ek is baie opgewonde, maar ek moet erken die hitte was nogal kwaai die afgelope tyd.
Chris Massyn

Hy sien ook uit daarna om weer onder Fourie te kan speel, al is dit dié keer op ’n heel ander plek as Stellenbosch waaraan hy gewoond is. Hy sê hy het sedert sy aankoms maklik by die Cheetahs ingeskakel.

“Die ouens het my almal baie welkom laat voel. Hier is gelukkig ’n paar gesigte wat ek darem ken.

“Ek en Rabs (Maxwane, vleuel) het saam by Tuks gespeel, dan is daar Willa (Wimar Arnoldi, haker), wat saam met my by Maties was en ook Burkie (Adriaan Carelse) saam met wie ek vir ’n tydjie by die Boland gespeel het.

“So dit was darem nie vir my heeltemal vreemd of moeilik om in te skakel nie.”

Dit is niks nuuts vir hom om saam met die groot honde te blaf nie, aangesien hy al twee Superrugby-wedstryde vir die Stormers gespeel het.

Ek is gereed. Ek het die afgelope tyd hard gewerk en probeer om ’n paar kilogram aan te sit.
Chris Massyn

Hy beskou die Pro14-reeks egter as een van die taaiste kompetisies in wêreldrugby en is realisties oor die uitdagings wat op hom wag.

“Ek is gereed. Ek het die afgelope tyd hard gewerk en probeer om ’n paar kilogram aan te sit. Ek verstaan die Pro14 is dalk nie so vinnig soos Superrugby nie, maar baie meer fisiek. Daarom het ek hard gewerk aan my kondisionering.”

Oor die Cheetahs se gemengde welslae tot dusver dié seisoen (drie seges agtereenvolgens, gevolg deur drie nederlae op ’n streep), sê Massyn hy dink ’n kopskuif is nodig en daar moet nie in weersomstandighede oorsee vasgekyk word nie.

“Ek praat totaal as ’n buitestander. Ek dink dis maar ’n kop-storie. Uiteraard moet jy jou wedstrydplan aanpas en dieselfde geld maar as dit hier by die huis is.

“Maar ek voel tog ons vaste fasette het ons ’n bietjie in die steek gelaat, waar ons by die huis baie goed was.”

Hy sê hy voel vir Wiese, wat deur ’n skorsing in die gesig gestaar word, maar dat die een se dood die ander se brood is – met verwysing daarna dat hy nou moontlik vroeër as verwag sy Pro14-buiging kan maak.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Chris Massyn  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.