Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kranke Creevy mis toets teen Wallabies
Agustin Creevy in aksie teen Nieu-Seeland Saterdag in Buenos Aires. Foto: Getty Images

Argentinië sal wil voortbou op sy begeesterde vertoning teen die All Blacks in Buenos Aires, wanneer hy Saterdag teen die Wallabies in Brisbane speel.

Hy sal dit egter sonder sy vuurvreter-haker

Augustin Creevy moet doen, berig rugbypass.com.

Die 34-jarige Creevy het las van ’n skouerbesering en sal die kragmeting met die Wallabies in die Suncorp-stadion misloop.

Die Poemas het die afgelope naweek bitter naby aan hul eerste oorwinning tot nog toe oor Nieu-Seeland gekom in die Estadio Jose Amalfitani, maar het uiteindelik, vlak voor die All Black-doellyn, die aftog met 16-20 geblaas in die spanne se Rugbykampioenskapstoets.

Creevy het in dié toets van voor gelei in die 48 minute wat hy op die veld was.

Die verwagting is dat sy adjudant, Julian Montoya, met die nommertwee-trui toevertrou sal word.

Die Poemas is baie akkuraat, baie goed met man-op-man-verdediging en hulle maak ’n oorlas van hulself by die afbreekpunte.
Sam Cane

Creevy en Montoya was twee van die uitstaande spelers teen die All Blacks voor hul lawaaierige tuisskare en selfs die Kiwi’s se instaan-kaptein, Sam Cane, was beïndruk met die Argentyne se spel.

“Die Poemas is baie akkuraat, baie goed met man-op-man-verdediging en hulle maak ’n oorlas van hulself by die afbreekpunte,” het hy ná die wedstryd gesê.

“Hulle steel dalk nie die meeste balle nie, maar hulle weet beslis hoe om besit te vertraag.”

“Hulle het ons vanaf die afskop tot die laaste sekonde onder druk geplaas.” – Sportredaksie

Meer oor:  Agustin Creevy  |  Australie  |  Argentinie  |  Haker  |  Rugbykampioenskap  |  Poemas  |  Kaptein  |  Toets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.