Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kriel moet Leeus op senter kom help

Die Leeus is besig om die gate toe te stop wat die vertrek van Harold Vorster, Lionel Mapoe, Howard Mnisi en Franco Naudé in hul middelveld laat.

Dan Kriel

Dan Kriel en die Junior Bok James Mollentze is ingekatrol en het reeds by die Leeus geteken.

Die 25-jarige Kriel het ’n kontrak van twee jaar gesluit en begin op 1 November by sy nuwe span. Dié oudleerling van Maritzburg College speel al sedert 2017 vir die WP en die Stormers. Soos sy tweelingbroer en die Springbok-senter, Jesse Kriel, is hy veelsydig genoeg om ook as vleuel oorweeg te word.

In die Kaap sou hy vorentoe met onder meer Rikus Pretorius om ’n plek in die Stormers se beginspan meegeding het.

Die Leeus is veral dun op binnesenter en moes die vleuel Duncan Matthews gister in die Curriebeker-halfeindstryd teen die Griekwas op binnesenter speel. Wandisile Simelane was gister sy sentermaat.

Mollentze het vroeër vanjaar vir die Junior Bokke in die Junior Wêreldtoernooi gespeel. Hy is een van die sterre van die Vrystaatse o.21-span wat tot gister se halfeindstryd van die nasionale liga teen die WP deurgedring het. Vir die Junior Bokke het hy meestal losskakel gespeel, maar die Vrystaters kies hom gereeld as binnesenter.

Mapoe (Stade Français) en Vorster (Panasonic Wild Knights) is oorsee, terwyl Naudé (Bulle) en Mnisi (Kings) in Suid-Afrika aangebly het.

* Corné Fourie, een van Dan Kriel se WP-spanmaats en ’n oud-Leeu, kan binnekort op pad na Engeland wees.

Johan Ackermann se klubspan Gloucester probeer hom ompraat om sy loopbaan daar voort te sit.

Meer oor:  Leeus  |  Howard Mnisi  |  Lionel Mapoe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.