Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Corné Krige lak WP se rugbybase

Solank rugby in die Kaap deur amateurs bestuur word, sal rugby in die Kaap bly gly en is daar min hoop vir die Stormers en die WP-unie om sy trots te herwin.

Dit is die mening van Corné Krige, voormalige Springbok-kantman en kaptein, wat ook in sy speeldae die Stormers en die WP aangevoer het.

Corné Krige
Thelo Wakefield

theKrige se misnoeë oor hoe rugby in die Westelike Provinsie bestuur word, volg ná ’n treurige seisoen vir die Stormers, asook die feit dat Nuweland sy laaste toetswedstryd gesien het en die WP-unie net-net ’n massiewe eis van Remgro vir die terugbetaling van die lening van R44 miljoen afgeweer het.

Die stand van sake op Nuweland lyk nie goed nie. Rapport se inligting is dat die groep spelers wat die WPRU geïdentifiseer het as aanwinste en versterkings, huiwerig is om by die unie te teken weens die droewige finansiële stand van sake.

Die posisie van Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, is ook in die gedrang, maar weens die gebrek aan geld om ’n plaasvervanger te werf, bly hy dalk in sy pos.

Talle vingers word ook na Thelo Wakefield, WP se president, en sy bestuurstyl gewys as een van die vele redes waarom die WP tans so sukkel.

Krige gee toe dat sy “hart breek” oor die huidige stand van sake en hy wys die vinger na die “amateur”-bestuurstyl van die amptenare in WP Rugby.

“Jy kan vingers wys na baie mense. En as ’n WP-man in murg en been – van o.13 en o.19 tot Curriebeker-vlak en die Stormers – het ek nêrens anders gespeel nie. Wat daar aangaan, breek my hart,” het Krige aan Rapport gesê.

“Om die vingers te wys na Fleck is wreed. Ek het soveel keer al gehoor dat mense sê: As jy na die leierskap en bestuur van WP Rugby kyk, asook na die vertonings van die span op die veld, is die vertonings op die veld ongelooflik vergeleke met die onderprestasie van die bestuur.

“Daar is altyd goeie, soliede rugbymense met kennis en rugbyvaardighede, maar daar is ook mense daar wat nie daar hoort nie, wat nooit daar moet gewees het nie, en wat nie ’n multimiljoenrand-onderneming kan bestuur nie.

“Ongelukkig is daar net te veel van hulle by WP Rugby betrokke. Ek het eerlik nie baie hoop vir hulle nie. Om as ’n besigheid volhoubaar te wees, moet jy finansieel stabiel te wees. Jy moet die beste spelers kan werf, jy moet kontantvloei hê. So hoe gaan hulle spelers koop om in 2019 te wen? Daarom voel ek jammer vir Fleck.”

Krige sê niks sal regkom voordat dinge op bestuursvlak nie drasties verander nie.

WP Rugby staar ook ’n massiewe eis van R270 miljoen in die gesig van Aerios, nadat hulle hulself in 2017 gelikwideer het om uit ’n kontrak met hulle te kom.

“Daar is baie strukturele probleme in die WP en SA rugby. Die amateurklubs oorheers die unie se strukture. In die professionele omgewing kan jy nooit amateurs hê wat die spel bestuur nie. Dit is die werklikheid.

“Dis ’n eenvoudige konsep, want jy het sakemense nodig om die unie finansieel sterk te maak. En as jy geldelik sterk is, kan jy berge versit.”

Wakefield se termyn verstryk aan die einde van die seisoen, maar die rugbybaas het homself beskikbaar gestel om as voorsitter van die Stormers se raad te dien.

Hy wou nie gister kommentaar lewer op Krige se stellings nie.

Meer oor:  Thelo Wakefield  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.