Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kruger op hete kole oor handbesering

Die fris Southern Kings-senter Tertius Kruger sal hierdie week hoor of hy volgende week teen sy ou spanmaats van die Cheetahs in ’n Pro14-wedstryd sal kan speel.

Tertius Kruger van die Kings sukkel met ’n handbesering. Foto: Gallo Images
Daar is onsekerheid of Masixole Banda betyds van sy beenbesering sal herstel om volgende Vrydag teen die Cheetahs in die Baai te kan speel. Foto: Gallo Images

Kruger het sy hand seergemaak in die naweek se kragmeting met Edinburg in Skotland en wag nog om te hoor wat die uitslag van die skandering is.

Die 25-jarige Kruger het tot die einde van verlede jaar se Curriebeker-reeks nog vir die Cheetahs gespeel.

Die Kings en die Cheetahs pak mekaar volgende Vrydag in die Madibaz-stadion.

Volgens die Kings se spandokter, dr. Gershwin Kortje, is daar ook kommer oor die heelagter Masixole Banda.

Banda het sy been in die Kings se nederlaag van 0-38 teen Edinburg beseer.

Ander spelers van die Kings wat tans ook nog op die krukkelys is, is: Martin Dreyer (knie, uit vir die seisoen), Bobby de Wee (skouer, uit vir die seisoen), Bakkies Brown (enkel), Xandre Vos (nek), Oliver Zono (knie), Sibusiso Sithole (knie) en Rossouw de Klerk (bors.)

Meer oor:  Beseer  |  Tertius Kruger  |  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.