Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kruger weer terug in Bul-kraal
Juandré Kruger. Foto: Getty Images

Nog ’n voormalige Springbok gaan binnekort weer sy rugby by die Bulle speel.

Die slot Juandré Kruger (33) sluit hom in Desember by die Pretorianers aan, het ’n woordvoerder van die unie Woensdag bevestig.

Kruger speel tans vir die Franse klubspan Toulon nadat hy die Bulle in 2013 gegroet het. Hy het die Bokke in 17 toetse in 2012 en 2013 verteenwoordig.

Dié aankondiging volg in dieselfde week as wat die Bulle bekend gemaak het dat Josh Strauss, tans Skotse losvoorspeler, ook ná afloop van die Wêreldbeker-toernooi na Suid-Afrika terugkeer en hom in Pretoria gaan aansluit.

Daar is ook vroeër berig dat nog ’n verlore seun, die voormalige Springbok-losskakel Morné Steyn, binnekort weer Pretoria sy tuiste gaan maak. 

Meer oor:  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.