Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kry 'n kiekie saam met die Goue Koppie

Ondersteuners van die Westelike Provinsie se rugbyspan kan Vrydag by Nuweland saam met die Curriebeker vir foto’s poseer.

WP-aanhangers sal vanaf 14:00 tot 18:00 gratis toegang tot Nuweland kry om die Curriebeker te bekyk.

Dié gesogte trofee, wat die WP verower het deur die Haaie met 33-21 in die afgelope naweek se eindstryd te verslaan, sal in die voorportaal van die tonnel uitgestal word.

’n Professionele fotograaf sal ook gereed staan om ondersteuners af te neem. Hierdie foto’s sal gratis aanlyn beskikbaar wees.

Paul Zacks, uitvoerende hoof van die WP, sê dis ’n goeie geleentheid om die span se sukses met sy getroue ondersteuners te deel.

“Die ondersteuning wat die WP op Nuweland kry, is ongeëwenaard en ons wil seker maak dié ondersteuners is deel van ons 34ste Curriebeker-triomf.”

Thelo Wakefield, WP-president, sê hy sien uit daarna om heelwat ondersteuners op Nuweland te verwelkom. – Sportredaksie

Meer oor:  Wp  |  Nuweland  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.