Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kuikenmoord toe Scarlets die Ospreys klop
Die Walliese vleuel Steffan Evans het Donderdag twee keer vir Scarlets in die Pro14-wedstryd teen die Ospreys gaan drukFoto: Getty Images

Scarlets het hul Walliese teenstanders Ospreys Donderdagaand met 44-0 afgeslag om die tweede plek in Konferensie B van die Pro14-rugbyreeks in te neem.

Die tuisspan se ondersteuners het rede gehad om te juig met die vleuels Steffan Evans en Ryan Conbeer wat albei twee keer gaan druk het. Kieran Hardy en Josh Macleod is ook oor die gekalkte lyn onderweg na Ospreys se tiende opeenvolgende loesing.

Die Walliese toetsspeler Leigh Halfpenny en Angus O’Brien het saam 14 punte van die skopkegel af bygedra.

Die Ospreys het vroeg in die kragmeting ’n terugslag beleef toe die toetssenter Scott Williams ná ’n hou teen die kop die veld moes verlaat.

Kort hierna het die Scarlets-flank Aaron Shingler ’n bres geslaan, twee verdedigers getrek en Evans in besit gestel vir sy drie in die hoek.

Kort hierna het die Scarlets-flank Aaron Shingler ’n bres geslaan, twee verdedigers getrek en Evans in besit gestel vir sy drie in die hoek.

Hierna was dit eenrigtingverkeer.

Na ’n halfuur het Scarlets reeds hul bonuspuntdrie aangeteken nadat ’n dwarsskop van O’Brien netjies deur Evans opgepik is.

Macleod het die sakkie toegeknoop met die Llanelli-span se sesde vyfpunter.

Die ander Pro14-kragmeting Donderdag was ’n veel taaier affêre, met Cardiff Blues wat geswoeg het om die Dragons met 16-12 in ’n volgepakte Arms Park tot oorgawe te dwing.

Die Dragons het twee keer gaan druk en die Blues net een keer, maar twee strafdoele en ’n doelskop deur Jarrod Evans en nog ’n driepunter deur Jason Tovey het uiteindelik die deurslag vir die oorwinning gegee.

Shane Lewis-Hughes het vir Cardiff gaan druk, terwyl Taine Basham en Matthew Screech vir die Dragons oor die doellyn is en Sam Davies een verdoel het. – Sportredaksie

Meer oor:  Leigh Halfpenny  |  Europa  |  Ierland  |  Wallis  |  Pro14  |  Ospreys  |  Blues  |  Dragons  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.