SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Kurt Coleman nog nie reg na beenbreuk
Kurt Coleman in Maart vir die Kings in aksie teen Benetton in die Baai. Die losskakel het sy been enkele oomblikke later gebreek. Langs hom is sy Kings-maat Pieter Scholtz, wat intussen ’n skouer-operasie ondergaan het.Foto: Gallo Images
Coleman word van die veld geneem met sy gebreekte been.Foto: Gallo Images

Die kans is maar bitter klein dat Kurt Coleman volgende seisoen reg sal wees om vir die Southern Kings in hul eerste paar wedstryde te kan speel.

Die Kings is tans besig met hul voorseisoense oefeninge en speel hul eerste Pro14-wedstryd eers weer in September.

Coleman het sy linkerbeen op 24 Maart in Port Elizabeth in die Kings se wedstryd teen Benetton gebreek.

“Kurt se been het mooi aangegroei en hy loop nou al sonder die moon-boot, maar dit is nog ’n lang paadjie wat wag voor hy weer sal kan speel,” sê dr. Gershwin Kortje, die Kings se nuwe spandokter.

Kurt se been het mooi aangegroei en hy loop nou al sonder die moon-boot, maar dit is nog ’n lang paadjie wat wag voor hy weer sal kan speel.
Dr. Gershwin Kortje

Kortje het onlangs by dr. Lizanne Pieterse oorgeneem. Sy is die vrou van Barend Pieterse, die Kings se vorige voorspeler-afrigter, wat intussen na Japan verhuis het.

“Kurt is in Stellenbosch waar hy met sy rehabilitasie besig is,” sê dr. Kortje.

Kortje was huiwerig om te skat wanneer Coleman weer reg sal wees om te speel.

Dit klink nie of Coleman en nog ’n losskakel, Oliver Zono, vroeg in die seisoen vir die Kings sal kan speel nie.

Oliver Zono

Zono is ook besig om van ’n kwaai kniebesering te herstel.

Volgens Kortje was die voorryman Pieter Scholtz se skouer-operasie ’n sukses.

“Ons sal maar moet sien wanneer Pieter weer reg sal wees vir aksie. Onthou, ’n stut het sy skouers nodig vir skrumwerk, so ’n mens wil hom nie te vroeg terug bring nie,” sê Kortje.

Net so is hy versigtig om die losvoorspeler CJ Velleman, wat weens ’n kniebesering ’n jaar laas rugby gespeel het, die jawoord te gee om terug te keer.

Maar Velleman lyk goed en daar is ’n goeie kans dat hy reg sal wees vir die Kings se eerste wedstryde.

Die enigste ander ongeval by die Kings is die voorryman Martin Dreyer wat met ’n seer hakskeen sukkel.

Meer oor:  Kurt Coleman  |  Port Elizabeth  |  Pro14  |  Losskakel  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.