Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kwagga maak plek vir Siya in Bokspan

Siya Kolisi draf weer voor vir die Springbokke wanneer hulle Vrydag teen Japan vir oulaas slyp vir die Wêreldbekertoernooi.

Siya Kolisi is weer op sy pos as Springbok-kaptein vir Vrydag se ontmoeting met Japan ter voorbereiding vir die Wêreldbeker-toernooi. Foto: Gallo Images

Kolisi, wat weens ’n kniebesering die afgelope Rugbykampioenskap misgeloop het, neem die kapteinskap by Duane Vermeulen oor.

Die Bokke speel Vrydag in Koemagaja in ’n WB-opwarmstryd teen die gasheer van dié toernooi.

Rassie Erasmus, die Spingbok-hoofafrigter, het Steven Kitshoff, Malcolm Marx en Frans Malherbe in die voorry gekies, met die veteraan Tendai Mtawarira, Bongi Mbonambi en Trevor Nyakane wat van die plaasvervangersbank af ontplooi sal word.

Die groentjie-skrumskakel Herschel Jantjies word bo Cobus Reinach op die bank verkies.

Erasmus het gesê hy hoop sy spankeuse sal ’n sterk boodskap uitstuur dat hulle die grootste respek vir Japan het.

* Suid-Afrika: Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Duane Vermeulen, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Franco Mostert, Eben Etzebeth, Frans Malberhe, Malcolm Marx, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, RG Snyman, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn, Jesse Kriel.

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.