Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kwagga, Werner ook op pad oorsee

Die Leeus se staatmakerflank en Springbok, Kwagga Smith, gaan ná die Curriebekerreeks vir drie maande as ’n plaasvervangerspeler by die Skotse klub Edinburgh speel.

Smith kan ook volgende jaar vir die Leeus verlore wees as onderhandelinge nie goed verloop nie.

Kwagga Smith. Foto: Gallo Images

Die Leeus onderhandel nog met Smith om volgende jaar vir hulle Superrugby te speel.

Hulle wil graag sy dienste behou, maar hy kan koers kies Japan toe, met ’n soortgelyke kontrak as dié van Malcolm Marx, om vir ’n jaar in die Ooste te gaan speel voordat hy na Suid-Afrika terugkeer.

Marx het met die Leeus ooreengekom om ’n jaar oorsee te gaan speel.

Smith het nog nie sy droom opgegee om weer vir die Springbokke te speel nie, en as hy deur die afrigter, Rassie Erasmus, gekies word, sal hy die plan laat vaar om Edinburgh toe te gaan.

As hy nie gekies word nie, kan sy heil egter oorsee lê.

Smith, wat nog beseer is nadat hy sy dyspier geskeur het, sal vir die Leeus beskikbaar wees tydens die Curriebeker-reeks.

Daarna sal hy egter Edinburgh toe vertrek waar hy vir dié klub in die Pro14-reeks sal speel terwyl sy sterre by die Wêreldbekerreeks betrokke is.

Smith se oudsewesspanmaat Werner Kok het ’n soortgelyke kontrak by die Franse klub Toulouse onderteken.

Hy beplan om kort ná die Curriebekerreeks na Frankryk te vertrek.

Edinburgh het ’n klomp Suid-Afrikaners in sy geledere.

Dit sluit in WP Nel, die oud Bulstut Pierre Schoeman, die Kings se oudkaptein Mike Willemse en die agterspelers Duhan van der Merwe (Akker se broer) en Jaco van der Walt, die gewese Leeu. 

Meer oor:  Leeus  |  Edinburgh  |  Springbokke  |  Toulouse  |  Curriebekerreeks  |  Kwagga Smith  |  Werner Kok  |  Flank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.