Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Lomu terroriseer All Blacks
’n Bloedjong Jonah Lomu in aksie teen Frankryk. Foto: Getty Images

Hierdie skaars beeldmateriaal wys ’n jong Jonah Lomu in aksie in ’n All Black-proefwedstryd in 1994. Sy direkte teenstander is die Nieu-Seelandse legende John Kirwan.

’n 18-jarige Lomu speel in sy gunstelingposisie op linkervleuel en hy ding mee om ’n plek in die All Blacks se senior span.

Hy het later daardie jaar op die ouderdom van 19 jaar en 45 dae die jongste speler geword om vir die All Blacks uit te draf toe hy sy toetsbuiging teen Frankryk maak.

Lomu het daarna die sport op internasionale vlak by die Wêreldbekertoernooi in 1995 in Suid-Afrika soos ’n bom getref.

Hy het Nieu-Seeland in 73 toetse verteenwoordig, hoewel hy vir die grootste deel van sy loopbaan deur nierprobleme geteister is.

Kyk in die onderstaande video hoe die jong fenomeen sy voete vind en reeds destyds tekens wys dat hy die spel sou revolusioneer.

RugbyDump

Meer oor:  Jonah Lomu  |  Toetsrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.