Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: 2 Bok-drieë onder 20 gewildstes
Richard Bands op pad na die doellyn teen die All Blacks in 2013. Foto: Getty Images

Brittanje se LiveRugbyTickets.com het kykgetalle op YouTube gebruik om die gewildste drieë in die geskiedenis van die sport te bepaal.

Die legendariese Springbok-vleuel Bryan Habana en die Bok-stut Richard Bands is die enigste Suid-Afrikaners onder die top-20. Die lys word deur All Blacks oorheers.

Gareth Edwards se poging vir die Britse Barbarians teen die All Blacks in 1973 is eerste met ’n verstommende 4 416 313 kyke. Die Wallieser se drie op sy geliefde Cardiff Arms Park het die Barbarians gehelp om die kragmeting met 23-11 te wen.

Jean-Luc Sadourny van Frankryk se “Try from the end of the world” teen die All Blacks op Eden Park in 1994 is tweede, maar ver agter met 1 430 060 kyke.

Die reuse-vleuel Jonah Lomu is in die derde plek met sy onvergeetlike poging op Nuweland teen Engeland – waar hy bo-oor Mike Catt gehardloop het – in die All Blacks se Wêreldbekerhalfeindstryd in 1995. Dit is 909 325 gekyk.

Die All Blacks het die meeste drieë op die lys met ses en Lomu en die heelagter Christian Cullen is die enigste twee spelers wat twee keer in die top-20 verskyn.

Habana se drie teen Nieu-Seeland in Dunedin in 2012 haal die 14de plek met 99 347 kyke.

Bands se poging teen dieselfde teenstanders op dieselfde veld in 2003 is 20ste met 35 148 kyke.

Die 50 meter wat hy op die “House of Pain” vir sy drie moes nael, was ’n reuse-uitdaging omdat hy ook nog oor die All Black-losskakel Carlos Spencer moes hardloop om by die doellyn te kom.

“Julle sal my nou nie glo nie, maar as speler was ek baie vinnig oor die eerste tien meter en ek het hierin baie goed by die Bokke getoets,” het hy in September op Tuks-rugbyklub se sake-ontbyt gesê.

Kenners is dit eens dat dié drie een van die bestes is wat nog deur ’n stut in toetsrugby gedruk is.

* Rugby se 20 beste drieë (volgens kykgetalle op YouTube):

1. Gareth Edwards, Britse Barbarians t. Nieu-Seeland (1973), 4 416 313 kyke

2. Jean-Luc Sadourny, Frankryk t. Nieu-Seeland (1994), 1 430 060

3. Jonah Lomu, Nieu-Seeland t. Engeland (1995), 909 325

4. Kevin Maggs, Ierland t. Nieu-Seeland (2001), 427 812

5. Christian Cullen, Nieu-Seeland t. Australië (1999), 298 921

6. Christophe Lamaison, Frankryk t. Nieu-Seeland (1999), 267 620

7. Brian O’Driscoll, Britse en Ierse Leeus t. Australië (2001), 253 867

8. Jonah Lomu, Nieu-Seeland t. Frankryk (1999), 197 384

9. Christian Cullen, Nieu-Seeland t. Australië (1997), 187 526

10. Yannick Jauzion, Frankryk t. Nieu-Seeland (2007), 148 804

11. Stephen Jones, Wallis t. Engeland (2003), 139 237

12. Serge Blanco, Australië t. Frankryk (1987), 131 292

13. Joe Rokocoko, Nieu-Seeland t. Suid-Afrika (2003), 126 495

14. Bryan Habana, Suid-Afrika t. Nieu-Seeland (2012), 99 347

15. Raideke Samo, Australië t. Nieu-Seeland (2011), 84 097

16. Takudzwa Ngwenya, VSA t. Suid-Afrika (2007), 77 383

17. Beauden Barrett, Nieu-Seeland t. Australië (2015), 68 640

18. Kosuke Endo, Japan t. Wallis (2007), 47 112

19. Rupeni Caucaunibuca, Fidji t. Frankryk (2003), 43 641

20. Richard Bands, Suid-Afrika t. Nieu-Seeland (2003), 35 148

– Sportredaksie

Meer oor:  Jonah Lomu  |  Bokke  |  Bryan Habana  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.