Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks met haka gegroet, verwelkom

Dit is hakas voor en agter waar ook al die All Blacks hulle bevind.

Stuff berig die wêreldkampioen is Maandag deur Air New Zealand-personeel met ’n haka gegroet voor die span se vertrek na Japan vir die Wêreldbekertoernooi.

Die Kiwi’s is later met hul aankoms in die gasheerland deur ’n groep skoolkinders ingewag. Die jongelinge, meeste geklee in All Black-truie, het die spelers voor hul spanhotel in Kasjiwa met nóg ’n haka verwelkom.

“Dit is ’n fantastiese verwelkoming, dit gaan eintlik die verstand te bowe,” sê die All Blacks se afrigter, Steve Hansen.

“Daar is so baie mense hier. Dit was regtig opwindend om die kinders en die genot op hul gesigte te sien.

“Ons sien uit na ’n goeie week hier terwyl ons die mense geniet en ’n paar goeie oefensessies inkry.”

Die All Blacks word deur Japannese aanhangers in Kasjiwa verwelkom. Foto: Getty Images

* Engeland het op sy beurt op “Sweet Chariot”, vernoem na die lied wat Engelse ondersteuners vir hul span sing op Twickenham, na Japan gevlieg.

Eddie Jones en sy groep van 31 spelers reis na die eiland van Kioesjoe vir ’n oefenkamp in Mijazaki voor die begin van die toernooi.

Die Engelse rugbyspan met sy vertrek na Japan. Foto: Getty Images

– Sportredaksie

Meer oor:  Haka  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.