Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: All Blacks moedig mans aan om te praat
Die All Black-spanmaats Ardie Savea en Anton Lienert-Brown. Foto: Getty Images

Verskeie All Blacks tel onder diegene wat betrokke is by ’n nuwe video-reeks wat daarop gemik is om geslagstereotipes uit te daag en mans aan te moedig om hul gevoelens te deel.

Being Men is Dinsdag bekendgestel en is die produk van die samewerking tussen die die rolprentvervaardiger Sarah Grohnert en Nieu-Seeland Rugby, berig Stuff.

Dit verken op wat beskryf word as ’n “rou, spontane en outentieke” wyse, aspekte soos persoonlike welsyn, gesonde verhoudinge en manlikheid vanuit die perspektief van Nieu-Seelandse mans.

Die All Blacks Ardie Savea, Anton Lienert-Brown en Angus Ta’avao, asook die All Black-legende John Kirwan, voormalige All Black-ster Nehe Milner-Skudder, die Hurricanes-flank Du’Plessis Kirifi en die All Black-sewesspeler Kurt Baker verskyn in die video’s.

Lienert-Brown gesels in ’n video getiteld Tough Times oor sy stryd met angs en hoe hy hulp ontvang het.

Savea het met ’n soortgelyke probleem gesit en vertel op sy beurt in Asking for Help dat hy gefrustreerd was omdat hy nie verstaan het hoekom hy voel soos hy gevoel het nie.

Die vurige losvoorspeler het ’n kampvegter geword vir mans om oor hul geestesgesondheid te praat.

Sy kleremaatskappy, Ardie Savea Clothing, skep ’n welsynreeks met T-hemde en kortbroeke waarop slagspreuke soos “Love Ya Self” en “Kindness Is Free” verskyn.

* Being Men-deelnemers (in alfabetiese volgorde):

Akim Waengler, Angus Ta’avao (All Blacks), Anton Lienert-Brown (All Blacks), Ardie Savea (All Blacks), CJ Donaldson, Du’Plessis Kirifi (Hurricanes), Ian Leaupepe, Jack Kirifi (Du’Plessis se pa en afgetrede rugbyspeler), John Kirwan (voormalige All Black), Josiah Tualamali’I, Kurt Baker (All Black-sewesspeler), Louis Kereopa, Mark Ranby (voormalige All Black), Michael Collins (Highlanders), Nehe Milner-Skudder (voormalige All Black), Scott Douglas en Tiaan Falcon (Chiefs).

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Geestesgesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.