SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Baabaas vier fees soos Suid-Afrikaners

Hulle het tipiese Barbarians-rugby opgedis en tog net-net teen Fidji vasgeval. . . maar dit het die Baabaas nie daarvan weerhou om ná die tyd lekker makietie in die kleedkamer te hou nie – sommer met Suid-Afrikaanse musiek en al.

Makazole Mapimpi het twee keer vir die Barbarians teen Fidji gedruk. Foto: Getty Images

Die Barbarians-span wat Saterdag met 31-33 teen Fidji op Twickenham vasgeval het, het tien Suid-Afrikaners in die 23-tal bevat. Nege van dié spelers was Bokke, met die plaasvervangerstut Hencus van Wyk die tiende Suid-Afrikaner.

Dit is dus g’n wonder nie dat die liedjie Thathi Sgubhu van die kwaito-musiekgroep Bongo Maffin ná die wedstryd in die kleedkamer gespeel het nie!

“Wen of verloor, rugby is veronderstel om pret te wees,” het die Barbarians Saterdagaand ná die kragmeting op hul amptelike Twitter-blad gesê saam met ’n video van die spelers wat in die kleedkamer kuier. In die agtergrond kan Bongo Maffin se treffer gehoor word.

Die Springbok-held Makazole Mapimpi het Saterdag met twee drieë geskitter, maar dit was ongelukkig nie genoeg om Eddie Jones se span tot ’n oorwinning te help nie. André Esterhuizen en Morné Steyn het ook albei gaan druk.

Die Bok-losskakel Curwin Bosch het drie doelskoppe verbrou, wat die uitnodigingspan duur te staan gekom het. Die Baabaas het ook twee “drieë” gedruk wat nie toegeken is nie. Een daarvan was deur Beast Mtawarira, wat gedink het hy het gedruk voordat die kykweer getoon het hy het die bal laat val.

Hierdie was ook die legendariese Ierse haker Rory Best se laaste wedstryd voor sy uittrede. Best het die span aangevoer.

Fidji se flank John Dyer het twee drieë gedruk.

* Puntemakers:

Fidji 33 (14): Drieë: John Dyer (2), Enele Malele, Teti Tela, Temo Mayanavanua. Doelskoppe: Teti Tela (4). Barbarians 31 (12): Drieë: Makazole Mapimpi (2), Mathieu Bastareaud, André Esterhuizen, Morné Steyn. Doelskoppe: Curwin Bosch, Steyn.

Meer oor:  Makazole Mapimpi  |  Fidji  |  Barbarians
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.