Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Bakleiery oor speler se gewig
Jamie George (links) van Saracens kyk toe terwyl sy spanmaats en Munster-spelers in ’n massa-bakleiery betrokke raak. Foto: Getty Images

Europese Professionele Klubrugby (EPCR), die beheerliggaam van die Europese Kampioenebekerreeks, het bevestig hy ondersoek ’n massa-bakleiery in Saracens se 15-6-sege oor Munster.

Rugby365 berig die verdedigende kampioen se oorwinning Saterdag op Allianz Park is versuur deur aantygings dat Munster se spandokter, Jamie Kearns, die Engelse haker Jamie George gespot het oor sy gewig.

Munster word deur die voormalige Springbok-hulpafrigter Johann van Graan gebrei.

EPCR sê hy ondersoek “voorvalle” gedurende die wedstryd en verkry verklarings van die skeidsregter, Pascal Gauzere, sy assistente en beamptes van albei klubs.

Die beheerliggaam sê hy sal geen verdere kommentaar lewer nie totdat die ondersoek voltooi is.

Die bakleiery het oorgeloop na die atletiekbaan rondom die rugbyveld voordat die situasie ontlont is.

Saracens se hulpafrigter Alex Sanderson het later aangevoer sy span se woede is veroorsaak deur ’n aanmerking van Kearns oor George.

– Sportredaksie

Meer oor:  Klubrugby  |  Munster  |  Europese Kampioenebeker  |  Saracens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.