Hoewel rugbyliefhebbers baie bekend is met die All Blacks se talentvolle Barrett-broers, is ’n veel minder bekende feit dat hul 16-jarige sussie, Zara, aan Downsindroom ly.
Die gesin van Zara, of “Zars” soos haar geliefdes haar noem, is volstoom besig om ’n bewustheid oor Downs se sindroom te kweek.
Haar ma, Robyn, en pa, “Smiley”, het agt kinders. Beauden, Scott en Jordy speel al drie vir die All Blacks. Daar is twee jonger boeties, Kane en Blake, en die susters, Ella, Jenna en Zara.
“Mense met Downs se sindroom moet geliefd voel en betrokke gemaak word, sê Beauden.
“Zara is so wonderlik en ons het haar daarvoor lief. Sy sê ’n ding soos sy hom sien en sy waardeer die eenvoudige dinge in die lewe.”
Newshub het in die roerende video onderaan met die Barretts gesels.
– Sportredaksie