Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Bokke se beste drieë teen Engeland

Die wedywering tussen die Springbokke en Engeland, wat terugstrek tot 1906, word Saterdag op Twickenham hervat.

Johan Goosen druk in 2016 een van vele aanskoulike drieë wat die afgelope drie dekades teen Engeland aangeteken is. Foto: Getty Images

Sedert Suid-Afrika se volwaardige terugkeer tot die internasionale rugbytoneel in 1992, het dié twee vyande gemengde sukses teen mekaar behaal.

Tussen 2000 en 2006 het die Rose byvoorbeeld sewe toetse op ’n streep teen die Bokke gewen. Dié tendens is egter in die komende dekade weer omgekeer, met Suid-Afrika wat toe in 12 agtereenvolgende toetse onoorwonne teen die Engelse was. Een van dié kragmetings het gelykop geëindig.

Toetse tussen Suid-Afrika en Engeland bring dikwels die beste, maar ook die slegste in spelers na vore (dink terug aan die 53-3-slagting in 2002).

Kom ons fokus egter op die hoogtepunte en herleef die Springbokke se beste drieë teen Engeland sedert 1999.

* 1994-1999

* 2000-2009

* 2010-2018

Meer oor:  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.