Dit lyk asof die langverwagte dokumentêr Chasing the Sun – wat handel oor die Springbokke se suksesvolle 2019 Wêreldbekerveldtog in Japan – binnekort voltooi sal word.
Rassie Erasmus, Suid-Afrika se direkteur van rugby, deel die laaste ruk lukraak nuwe beeldmateriaal om voorbrand te maak en publisiteit te skep en hy het die afgelope paar dae weer so gemaak.
Die uittreksels wat Erasmus gedeel het, wys baie van die werk wat agter die skerms gedoen is, insluitende oefensessies, die kleedkamer en Siya Kolisi, kaptein, se video-ontleding voor die halfeindstryd teen Wallis.
– Sportredaksie