Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke teken wynbottels vir Kings

Liefhebbers van wyn en versamelaars van rugbygedenkwaardighede kry Vrydag en Saterdag ’n gulde geleentheid om hul versamelings aan te vul.

Die Care4Kings-projek hou dan aanlyn ’n veiling waar talle bottels wyn, geteken deur bekende Springbokke, te koop sal wees.

Die voormalige Bok-losskakel Braam van Straaten het juis hierdie week deur die Kaapse wynlande gereis om bottels wyn in te samel en deur spelers te laat teken.

Die voormalige Springbok-kaptein Jean de Villiers het ook sy steun aan die Care4Kings-projek toegesê. Foto: Verskaf

Onder die Bokke wat hul handtekeninge op bottels aangebring het, tel Jean de Villiers, Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit, Herschel Jantjies, Steven Kitshoff, Frans Malherbe, Damian Willemse, Warrick Gelant, Seabelo Senatla, Robbi Kempson en Van Straaten self.

Verskeie van die wyne, wat deur verskeie landgoedere geskenk is, is Veritas-wenners.

Volgens Van Straaten, wat die projek lei, het die vorige Care4Kings-veiling goed afgeloop, met veral ’n Springbokbaadjie van die legendariese Mannetjies Roux wat baie gesog was.

Die projek is begin om spelers en beamptes van die Kings, wat deur die franchise se likwidasie in ’n geldelike verknorsing gelaat is, te help. – Sportredaksie

• Besoek die webwerf www.care4kings.co.za om vir die wynveiling te registreer.

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Robbi Kempson  |  Kings  |  Braam Van Straaten
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.