Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Daardie Kolbe-towerkuns . . . al weer!
Die Bok-ster Cheslin Kolbe speel die Europese Kampioenebekerreeks aan die brand. Foto: Getty Images

Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe het weer die kollig gesteel met ’n stukkie briljante spel.

Sy Franse klubspan, Toulouse, het die afgelope naweek die uitkloprondes van die Europese Kampioenebekerreeks gehaal deur Connacht met 21-7 te klop.

Die Suid-Afrikaner het op linkervleuel uitgedraf en moes in die 11de minuut van die wedstryd in Galway ’n skop deur die Ierse losskakel Jack Carty bemeester.

Kyk hoe die Wêreldbekerwenner sy direkte teenstander uitoorlê en met ’n vinnige dartellopie sowat 20 m se veldgebied wen:

Kolbe het in sy eerste jaar by Toulouse sterstatus behaal.

Hy het verlede seisoen meer verdedigers geklop (52) en meer breekslae behaal (17) as enige ander speler in die Europese Kampioenebekerreeks.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.