Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Dís hoekom Jantjies kan skitter
Herschel Jantjies (foto) en Rynhardt Elstadt maak albei Saterdag hul toetsbuigings vir die Springbokke in die Rugbykampioenskap-toets teen die Wallabies op Ellispark. Foto: Gallo Images

Die skrumskakel Herschel Jantjies maak Saterdag sy debuut vir die Springbokke in hul Rugbykampioenskaptoets teen die Wallabies op Ellispark.

Die Suid-Afrikaners se afrigter, Rassie Erasmus, het vandeesweek by die spanaankondiging gesê Jantjies het die deur omtrent afgebreek na die Bokspan met sy spel in die Superreeks vir die Stormers.

Die YouTube-kanaal Rugby Storm het ’n video gedeel waarin die oudleerling van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch wys waarom hy die naweek ’n deurslaggewende rol teen die Aussies kan vertolk.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies  |  Herschel Jantjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.