Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Dit gons oor foto van fris Bokke

Die Springbokke beïndruk deesdae nie net met hul verbeterde spelpeil op die veld nie, die spelers trek ook aandag met hul liggaamsbou.

Rassie Erasmus se span werk hard aan fiksheid en ’n kaalbolyffoto van die spelers by ’n onlangse oefensessie in die gimnasium het Twitter aan die gons.

Die Bok-stutte en buiteagterspelers blyk almal in toptoestand te wees en dit het ’n indruk gemaak op die voormalige Ierse toetsspeler Stephen Ferris.

“ ’n Paar ordentlike lywe . . . Wêreldbeker-aanspraakmakers? Ek sou in elke geval nie teen hulle gewed het nie,” sê die voormalige Britse en Ierse Leeus-losvoorspeler.

Ander Twitter-gebruikers was net so beïndruk met die spelers se liggaamsbou.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.