Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Dit reën pragdrieë sedert 2007
Takudzwa Ngwenya is van oral geprys vir sy poging teen die Bokke in 2007. Foto: Getty Images

Die eerste Internasionale Rugbyspelersvereniging (Irpa)-prys vir Drie van die Jaar is in 2007 aan die VSA se Zimbabwies gebore vleuel Takudzwa Ngwenya oorhandig.

Die publiek stem vir die wenner van dié eerbewys nadat ’n paneel bestaande uit verskillende spelersverenigings wêreldwyd ’n kortlys nomineer.

Ngwenya het die eerste prys ontvang vir sy ikoniese drie by die Wêreldbekertoernooi in 2007 toe hy aan die buitekant rondom die Springbok-vleuel Bryan Habana genael het:

Die jaar daarna het die Ierse legende Brian O’Driscoll hierdie epiese poging teen die Wallabies in Melbourne afgerond:

Die prys is in 2009 deur die Bok-senter Jaque Fourie gewen vir sy merkwaardige poging teen die Britse en Ierse Leeus:

Die Engelsman Chris Ashton is volgende aan die beurt met hierdie ongelooflike teenaanval-drie teen die Wallabies op Twickenham voor 80 000 fanatiese Rose-ondersteuners:

Radike Samo, wat in 2011 die oudste speler tot nog toe geword het om Australië in die Drienasiesreeks te verteenwoordig, het sy kritici se monde met hierdie poging gesnoer:

Die Suid-Afrikaanse rugby-ikoon Habana het hierdie drie vanuit niks geskep nie teen die All Blacks in 2012 om die Irpa-prys te wen:

Dit was inderwaarheid nie tot 2013 wat ’n All Black die prys gewen het nie – en wie anders as ’n 22-jarige Beauden Barrett teen Frankryk:

Die voormalige Bok-skrumskakel Francois Hougaard, wat deesdae vir die Worcester Warriors in Engeland speel, het in 2014 hierdie wonderlike drie teen die All Blacks gedruk:

Julian Savea, ’n All Blacks-ster wat sedertdien in onguns geraak het, was absoluut op sy kop by die Wêreldbekertoernooi in 2015 en hierdie poging was waarskynlik sy beste:

’n Mens sou nie juis vooraf gesê het dat Jamie Heaslip ’n kandidaat vir die prys sou wees nie, maar sy drie teen Italië in die Sesnasies-reeks in 2016 is een van die bestes in Ierse rugbygeskiedenis:

Die Engelse het in 2017 in Argentinië getoer toe die Poema-agterspeler Joaquín Tuculet ’n pragtige teenaanval-drie in San Juan afgerond het:

Die All Black-reus Brodie Retallick was in 2018 die wenner. Hy het ’n uitstekende stukkie spel teen die Wallabies begin en afgerond, met ’n parmantige fopaangee wat vir dekades onthou sal word:

Die All Blacks het dit twee pryse in twee jaar gemaak toe TJ Perenara vereer is vir sy drie teen Namibië by verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan:

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.