Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Duane wil nie ‘raakrugby’ speel nie
Duane Vermeulen (regs), kaptein van die Bulle, en sy Haaie-eweknie Lukhanyou Am. Foto: Gallo Images

Die Bulle se Springbokyster Duane Vermeulen het die afgelope naweek sy frustrasie oor twee agtereenvolgende geelkaarte met ’n klassieke kwinkslag laat blyk.

Die Haaie het die Bulle in hul Curriebekerwedstryd in Durban met 32-29 geklop.

Die hoogtepunt van Saterdag se kragmeting was egter nie die vyf drieë of Morné Steyn se verbroude strafdoelpoging in die doodsnikke nie: Dit was die Bulle-kaptein se uitlating aan sy Haaie-eweknie, Lukhanyo Am, ná die tweede geelkaart.

Die Haaie-senter Marius Louw het in die 19de minuut die eerste geelkaart gekry vir ’n lomp en slordige slag met Steyn. Die skeidsregter, Marius van der Westhuizen, het die beslissing gemaak nadat hy met die televisieskeidsregter, Marius Jonker, geraadpleeg het.

Die wedstrydbeamptes het hulself in ’n hoekie gedruk en ses minute later geen keuse gehad nie as om die Bulle-stut Jacques van Rooyen vir ’n soortgelyke oortreding vir tien minute van die veld af te stuur.

Van der Westhuizen het Vermeulen en Am albei vir ’n lesing oor dissipline nader geroep.

Vermeulen, duidelik vererg, het kort daarna na Am gedraai en gesê: “So ons moet begin touchies (raakrugby) speel, is jy tevrede daarmee?”

Minstens het Van der Westhuizen die humor in die Bok se uitlating herken.

“Ek is nie seker of dit goed sal afgaan by die publiek nie, maar jy kan dit probeer,” was sy reaksie. – Sportredaksie

Meer oor:  Marius Van Der Westhuizen  |  Haaie  |  Duane Vermeulen  |  Lukhanyo Am  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.