Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Eben, All Blacks vier saam Nuwejaar

Die Springbokslot Eben Etzebeth geniet duidelik sy tyd in Frankryk.

Die Bok-yster het ná Suid-Afrika se Wêreldbekeroorwinning ’n lonende skuif na die spogklub Toulon gemaak en het die afgelope naweek ’n Speler van die Wedstryd-vertoning vir sy nuwe span gelewer.

Etzebeth (28) het twee van sy Toulon-spanmaats, die voormalige All Black-sterre Liam Messam en Julian Savea, genooi na ’n Nuwejaarspartytjie by sy nuwe huis in Frankryk.

Beeldmateriaal van die geselligheid wys hoe die gaste vrolik verkeer, die Suid-Afrikaanse volkslied saamsing en later ’n haka uitvoer.

Let op hoe Messam en Savea Nkosi Sikelel’ iAfrika uit volle bors saam met Etzebeth sing, terwyl die Bok met groot intensiteit aan die haka deelneem.

* Rugby Onslaught


Meer oor:  Toulon  |  Julian Savea  |  Bokke  |  Eben Etzebeth  |  Toetsrugby  |  Top 14  |  Springbokke  |  Liam Messam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.